AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Restitusie: Mense soek geld, nie grond

Sowat 94% van die 143 720 nuwe grondeisers wil finansiële vergoeding wil hê, nie grond nie.

Die meeste mense wat eise ingedien het sedert die restitusieproses heroopgestel is, wil nie grond hê nie, maar eerder die harde kontant.

Dit is die werklikheid wat soos ’n berg voor die Regering se program vir die herstel van grondregte staan. Van ál die grondeise wat teen 31 Maart vanjaar afgehandel is, het die meeste begunstigdes van restitusie finansiële vergoeding verkies.

Hierdie neiging blyk nou voort te duur met 94% van die 143 720 nuwe eisers wat reeds aangedui het dat hulle finansiële vergoeding wil hê, sê mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming.

Erns van uitdagings

Nkwinti sê in die voorwoord van die jongste jaarverslag van die Kommissie vir die Herstel van Grondregte dat hierdie neiging ’n aanduiding is van die erns van die uitdagings waarmee mense gekonfronteer word, insluitend die gebrek aan alternatiewe inkomste wat ’n gevolg van die Wet op Naturelle-grondbesit van 1913 is.

Hy sê die Regering is daartoe verbind om die negatiewe voorspellings van doemprofete te verslaan dat dit 144 jaar sal neem om die nuwe eise af te handel en nóg ’n duisend jaar om dit te finaliseer.

Prof. Johan Willemse, landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, sê dit is welbekend dat grondhervorming in die verlede onsuksesvol was omdat die staat nie suksesvol ondersteuning kan gee nie. Die African Farmers’ Association of South Africa (Afasa) het dit onlangs onomwonde gestel dat die grondhervormingsproses besig is om die lewens van die begunstigdes te vernietig en die Regering sal dié proses behoorlik moet doen, óf laat vaar.

'Huurlinge op staatsgrond'

Willemse sé die begunstigdes van die herverdelingsproses is huurlinge op staatsgrond. Hulle het geen bates om finansiering te kry nie en daar is dus geen langtermyn aansporing om in die grond te belê nie. Die droogte tans maak dit nóg moeiliker.

Hy sê daar is elke jaar sowat  250 eerstejaar-landboustudente by die Universiteit van die Vrystaat, waarvan sowat 70% swart studente is. Hiervan is die helfte meisies. “As ek hulle vra waarom hulle landbou swot en of hulle wil gaan boer, is die antwoord omtrent deur die bank, nee.

“Hulle wil gaan werk by groot landbou- en voedselmaatskappye en wil nie beeste oppas en mielies met die hand plant nie,” sê Willemse.

NAVRAE: Landbou.com het heelwat navrae gekry oor waar uitgevind kan word of daar ’n grondeis op ’n plaas is. Mnr. Thami Mdontswa, die adjunk-grondeisekommissaris, sê grondeienaars kan die provinsiale kantore van die kommissie vir grondeise kontak om dit vas te stel. Die kontaknommers van die onderskeie kantore kan gekry word op die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming se webtuiste: www.drdlr.gov.za

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
-1.2%
Rand - Pond
20.20
+0.1%
Rand - Euro
17.60
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,710.14
-1.0%
Silwer
20.45
-2.9%
Palladium
2,246.00
-3.3%
Platinum
917.50
-1.7%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.0%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
'n Horison vol Avonture
Weet wat ek doen en wat ek wil hê in die lewe. Sober gewoontes, opreg en dinamiese optimis. Hou van opregte mense Avonturier, hou van alles waarvan manne hou Roei, gholf, fiets...
Enkel mamma van n pragtige 4 jaar oue dogtertjie... Nie opsoek na iemand wat net wil games speel nie
Eks n baie eerlike en opregte mens hou nie daarvan as mense oor my loop nie. Ek se wat ek dink en voel draai nie doekies om nie. Eks wel op my plek En het n sagte hart
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot