
Korporatiewe landbou in Australië se geldsake lyk allermins gesond, aldus David Sackett, ’n vooraanstaande bestuurskonsultant.
Van die vernaamste redes vir die korporatiewe sektor se swak vertoning is 'n obsessie met die aankoop van baie groot eiendom en hopeloos te veel geld wat in die proses daarvoor opgedok word, tesame met 'n gebrek aan geduld vir opbrengste op beleggings. Volgens Sackett kan korporatiewe beleggers by die bestuurspraktyke van Australië se beste familieboerderye gaan kers opsteek.
Sackett, die besturende direkteur van Growth Farms Australia, meen korporatiewe landbou sal nooit familieboerdery in Australië se skoene kan volstaan nie, maar dit kan 'n winsgewender en produktiewer bydrae lewer indien dit sommige lesse by Australië se top-familieboerderye leer, soos hulle langtermyn-beskouings oor die landbou, verstandige, nie-rojale besteding van geld en hulle deelnemende bestuurstyl.
Hy meen sommige korporatiewe beleggingsbesluite word deur ego gedryf en die romantiese idee om 'n standplaas so groot soos 'n klein Europese landjie te besit. Daar was nog geen bewyse dat 'n groot stuk grond winsgewender as kleiner grondgebied is nie, het hy gesê. Beleggers moet ook meer in voeling wees met die mense wat hul grondgebied bestuur. “Australië het geduldige korporatiewe beleggers sowel as geduldige plaasbestuurders nodig vir die beste langtermyn-resultate.”
Bron: www.theland.com.au