AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Reuse-waterlelie blom

Die reuse Suid-Amerikaanse Victoria-waterlelie, wat tans in Potchefstroom groei, blom vir die eerste keer in sowat 50 jaar in Suid-Afrika.

Die reuse Suid-Amerikaanse Victoria-waterlelie, wat tans by die Botaniese Tuine van die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus groei, blom vir die eerste keer in sowat 50 jaar in Suid-Afrika.

Mnr. Martin Smit, kurator by die tuine, sê ‘n bloeisel het Maandag (21 Februarie) bo die water uitgekom, en die bloeisel het gedurende die nag oopgegaan. “Die blom het gisteraand oopgegaan en die hele glashuis na pynappel laat ruik. Die blom gaan nou oor dag weer toe en maak vanaand weer oop, dié keer pienk,” verduidelik Smit.

‘n Victoria-waterlelie blom net vir 48 uur nadat die blom die eerste keer oopgemaak het. Dit is die eerste keer in sowat 50 jaar wat die lelie in Suid-Afrika groei, want dit is ‘n groot uitdaging om die sade teen die regte temperature van Amerika hierheen te vervoer en te bewaar.

Die vorige lelies het vir twee seisoene aan die begin van die 1960’s by die Universiteit van Stellenbosch se Botaniese Tuine gegroei.

Van wit na pienk of rooi

Volgens inligting van The Hudson Gardens in Amerika sal die blom sowat ‘n dag na die bloeisel verskyn, oopgaan.

Dit gebeur gewoonlik in die aand, en dan is ‘n reuse groot wit blom – wat soms in die nag kan gloei en vroulik is – te sien. Die blom straal hitte uit en skei ‘n sterk soet geur af om insekte te lok sodat dit bestuif kan word.

Die volgende dag maak die blom toe om die insekte vas te vang en so bestuiwing te probeer verseker. Teen sononder van die tweede dag maak die blom weer oop, dié slag is dit wel pienk of rooi, en die insekte word vrygelaat.

Die kleurverandering dui aan dat die blom van vroulik na manlike verander het gedurende die bestuiwingsproses. Die volgende dag verdwyn die blom onder die water in, om saad vir die volgende jaar se bloeityd reg te kry en te bewaar.

Die reuse bloeisel. Foto: VERSKAF

22 Februarie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.44
-2.1%
Rand - Pond
21.04
-0.7%
Rand - Euro
18.86
-1.1%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
973.45
-5.0%
Palladium
1,623.16
-2.8%
Goud
1,865.13
-2.5%
Silwer
22.40
-4.6%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Wie wil saam met my die mooiste liedjies skryf?
Spotane, vrolike geaardheid, sin Vir humor. baie positiewe persoon. Betroubaar en eerlik. Sien die mooi in die lewe raak. Gun die son oor almal skyn. Hou van dans.🌟...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot