AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Reusepampoen-kweker verbeter eie rekord met byna 40 kg

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Willem le Grange, plaasbestuurder by Indigo Fruit Farming buite Mosselbaai, en Sophia, sy wenpampoen van 904,5 kg.
Mnr. Willem le Grange, plaasbestuurder by Indigo Fruit Farming buite Mosselbaai, en Sophia, sy wenpampoen van 904,5 kg.
Vanjaar se wenner van Heidelberg se reusepampoenfees het met sy pampoen van 904,5 kg die Suid-Afrikaanse rekord wat hy verlede jaar by dieselfde fees opgestel het, met byna 40 kg verbeter.

Mnr. Willem le Grange, plaasbestuurder by Indigo Fruit Farming buite Mosselbaai, het weer vanjaar bewys hy ken van reusepampoene kweek. Op Heidelberg se reusepampoenfees, wat op 25 en 26 Maart plaasgevind het, het hy weer die rekord laat spat met sy bielie van ’n pampoen wat die skaal op 904,5 kg getrek het – genoeg vir sowat 20 000 pampoenkoekies.

Hy het verwag dat dié pampoen ’n wenner sou wees en vertel dat die pampoen se suster en ma selfs swaarder gemeet het. “ ’n Mens moet senuwees van staal met hierdie ding hê. Toe ons hom op die tape gemeet het, het hy maar 783 kg of so geweeg.”

Mnr. Piet Lotz, wat in 2020 die rekord vir swaarste pampoen opgestel het, het vanjaar tweede gekom met sy pampoen van 839 kg. Me. Elizna Lotz het derde plek behaal met haar pampoen van 730 kg.

Die pampoen, wat Sophia gedoop is aangesien die saad waarmee sy gegroei is uit Spanje kom, is in September verlede jaar ontkiem en in Oktober uitgeplant. Gedurende haar spitsgroeityd het sy daagliks 20 kg swaarder geword.

Le Grange het ’n soortgelyke metode as met sy vorige poging ingespan om die pampoen te kweek. Die belangrikste bestanddeel vir die kweek van ’n reusepampoen, is volgens hom aandag.

Hy sê hy is beslis van plan om volgende jaar weer aan die fees deel te neem en beoog om sy rekord tot ’n ton te verbeter. Hy het ’n ander pampoen vanjaar gehad wat teen dag 30 van sy groeitydperk 90 kg swaarder as verlede jaar se wenpampoen van 867,5 kg was. Ongelukkig het hy dié pampoen se hoofstam verloor.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Saam dinge aanpak !
Ek is n eerlikke opregte reguit man Hou nie van komplikasies nie Gryp die bul by die horings Hou van rondry en nuwe plekke plaaslik en oorsee besoek !! Positiewe uitkyk op lewe...
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot