AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Rhodes pluk vrugte van verkrygings

Stygings in die verkope van pasteie, vrugtesap en blikkiesvleis het tot die Rhodes Food-groep se stewige finansiële jaarresultate bygedra.

Die Rhodes Food-groep se omset het in die boekjaar tot September met 37% tot R4,1 miljard gestyg en sy wins met 71% tot R290 miljoen. Mnr. Bruce Henderson, uitvoerende hoof, sê in 'n verklaring hul sterk verkope was danksy voortgesette goeie organiese groei asook die voordele van strategiese verkrygings die afgelope twee jaar.

Internasionale inkomste het weens die verswakking van die rand 'n hupstoot gekry - omset het met 23% gestyg. Die groep se plaaslike omset, wat vir 73% van die groepsomset sorg, het met 43% gestyg.

Verkope in die afdeling vir vars voedsel het met 27% gestyg, met goeie groei in veral die pastei-afdeling. Verkope in die afdeling vir langlewevoedsel het met 57% gestyg, waar vrugtesap en blikkiesvleis die beste presteerders was. Dié twee kategorieë het ook 'n fris bydrae daartoe gemaak dat verkope in die 12 ander Afrikalande suid van die Sahara waar Rhodes bedrywig is, met 67% gestyg het.

Markaandeel

Rhodes is die markleier in ingemaakte pynappel, tamatiepasta en gebottelde konfyt en sy Bull Brand is die markleier in blikkiesvleis.

Die handelsmerk beklee verder sterk tweede posisies in ingemaakte vrugte, konfyt, groente en tamaties.

Verkrygings

Sedert die groep se notering in 2014 het hy agt ander ondernemings teen gesamentlik R900 miljoen verkry. Verkrygings van die afgelope twee jaar het in die boekjaar tot einde September vir R651 miljoen van die inkomste gesorg.

Henderson sê laasgenoemde verkrygings het Rhodes se toetrede tot nuwe die produkkategorieë van vrugtesap, babakos, gebottelde piekelprodukte asook slaai, gebak en peuselprodukte versnel.

Kort ná die einde van die boekjaar het die groep aangekondig hy gaan Pakco en Ma Baker koop, wat onderskeidelik droë, verpakte voedsel, en pasteie en gebak produseer.

Kapitaalbesteding

Rhodes het R229 miljoen bestee om sy Bull Brand-produksie-aanleg uit te brei, vermoëns by sy vrugtesap- en vrugteproduktefabrieke te vergroot, en vir die begin van bouwerk aan 'n nuwe babakos-aanleg.

In die nuwe boekjaar beoog die groep om vermoëns by sy aanlegte vir vleis, vrugtesap, vrugteprodukte en die inmaak van groente verder op te gradeer en ook om die babakosfabriek klaar te maak.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Sommer net ek
Want almal kan doen met n goeie nuwe vriend, Ek hou daarvan om mense te sien lag en gelukkig wees
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot