AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Riglyne vir lone en diensvoorwaardes

Minimum lone en diensvoorwaardes vir plaaswerkers is onlangs aangekondig om plaaswerkers te beskerm en werkverhoudinge op plase te verbeter.

Minimum lone en diensvoorwaardes vir plaaswerkers is onlangs aangekondig om plaaswerkers te beskerm en werkverhoudinge op plase te verbeter.

Hoewel minimum lone eers in Maart volgende jaar in werking tree, geld diensvoorwaardes reeds vanaf 16 Desember. Die belangrikste riglyne, soos vervat in die Sektorale Vasstelling vir die Landbousektor, word hier uiteengesit.

Loonvasstelling:

Suid-Afrikaanse munisipale gebiede is volgens inkomste in twee groepe verdeel. Voorgeskrewe minimum lone is R800 vir gebied A en R650 vir gebied B vir werkers wat meer as 27 uur per week werk. Vir werkers wat 27 uur of minder per week werk, is dit onderskeidelik R4,10 en R3,33 per uur.

In Maart 2004 moet minimum lone in gebied A verhoog word tot onderskeidelik R4,47 en R871,58, en in gebied B tot R3,66 en R713,65.

Werkers van 15 tot 18 jaar moet vergoed word teen minstens die voorgeskrewe uurlikse tarief.

Die Sektorale Vasstelling verbied kinder- en dwangarbeid. Geen kind jonger as 15 jaar mag enige plaaswerk doen nie.

Dokumentasie:

Werkgewers moet werkers van 'n skriftelike dienskontrak voorsien. Betaalstrokies moet maandeliks uitgereik word en vir drie jaar bewaar word. Met uitdienstreding moet 'n dienssertifikaat uitgereik word.

Kennisgewing en diensbeëindiging:

In die eerste ses maande diens moet skriftelike kennisgewing van een week gegee word en daarna vier weke. Werkers wat op die plaas woon, mag daar woon totdat die dienskontrak volgens die reg beëindig kan word.

Die plaaswerker het die reg om vee op die plaas aan te hou vir een maand totdat die dienskontrak beëindig kan word. 'n Werker wat 'n oes op die land het, mag dit bewerk, oes en van die land verwyder, tensy die werkgewer die plaaswerker 'n ooreengekome bedrag daarvoor betaal.

Alle uitstaande lone, toelaes en pro rata-verlof moet betaal word.

Prosedure vir diensbeëindiging:

Hoewel die dienskontrak voorsiening maak vir beëindiging van diens, mag die diens van 'n werknemer nie beëindig word tensy 'n geldige en billike rede bestaan en 'n billike prosedure gevolg word.

As 'n werknemer ontslaan word sonder geldige rede en sonder 'n billike prosedure, mag die werknemer die saak na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (CCMA) verwys.

As ongeskiktheid, siekte of 'n besering 'n plaaswerker verhinder om terug te keer werk toe, moet die werkgewer vasstel of die ongeskiktheid permanent of tydelik is. Sou dit nie moontlik wees vir die werkgewer om die plaaswerker se funksies aan te pas of alternatiewe funksies te vind nie, mag die werkgewer die dienste van die plaaswerker beëindig.

Aftrekkings:

Tot 10 % kan van 'n plaaswerker se loon afgetrek word vir voedsel wat gereeld en gratis voorsien word. Nog 10 % kan vir behuising afgetrek word, mits die huis se dak duursaam en waterdig is, die huis glasvensters het wat kan oopmaak, elektrisiteit en water in die huis, en 'n spoel- of putlatrine binne of naby die huis beskikbaar is en die huis nie kleiner as 30 m2 is nie.

Geen aftrekking vir behuising mag gedoen word vir 'n plaaswerker wat jonger as 18 jaar oud is nie. Vir gemeenskaplike wonings is die maksimum aftrekking vir huisvesting gelykstaande aan 25 % van die toepaslike loon betaalbaar aan 'n individuele werker. Byvoorbeeld, waar die voorgeskrewe minimum loon van R600 per maand geld, mag nie meer as R150 per maand afgetrek word van werkers wat in die gemeenskaplike woning woon nie. Die aftrekking mag nie 10 % van 'n individuele plaaswerker se loon oorskry nie.

Aftrekkings van lone is toelaatbaar as dit op skrif is en byvoorbeeld bydraes aan 'n voorsorgfonds of ledegeld aan 'n werkerunie is. Boere mag nie werkers verplig om goedere in die plaaswinkel te koop nie.

Werkure:

Plaaswerkers mag net 45 uur per week werk. Werkers wat op Sondae en openbare vakansiedae werk, is geregtig op ekstra vergoeding.

Sondagwerk

Vergoeding

Een uur of minder

Dubbel die uurloon

Een tot twee uur

Dubbel die loon vir tyd gewerk

Twee tot vyf uur

Daaglikse loon

Langer as vyf uur

Dubbel die loon vir tyd gewerk (oortyd uitgesluit) of dubbel die daaglikse loon

Daar kan alternatiewelik ooreengekom word om tyd af te neem.

Dubbele vergoeding geld vir werk op openbare vakansiedae. 'n Dag se loon word betaal as nie gewerk word op 'n openbare vakansiedag wat op 'n werkdag val nie.

'n Plaaswerker mag, as só ooreengekom is, 15 uur per week oortyd werk. Werkers mag nie meer as 12 uur per dag (oortyd ingesluit) werk nie. Betaling vir oortyd is 1,5 keer die werknemer se normale loon voor aftrekkings.

Werkure mag verleng of verkort word op voorwaarde dat dit op skrif is. Plaaswerkers mag vir 'n maksimum van vier maande per jaar meer as vyf uur per week ekstra werk doen. Dié werkure moet egter in 'n stiller tyd van die jaar verminder word.

'n Gewone dag se loon moet betaal word vir enige uitgebreide of verminderde gewone werkure.

*Nagwerk van 20:00 tot 04:00

is toelaatbaar, mits daar 'n skriftelike ooreenkoms is, 'n nagskoftoelaag van 10 % van die gewone daaglikse loon betaal word, en vervoer tussen die werker se verblyf- en werkplek beskikbaar is.

*Etenstye en rustydperke:

Alle plaaswerkers moet daagliks 12 aaneenlopende ure rustyd geniet en 36 aaneenlopende uur rustyd oor naweke. Etenstye is een uur lank ná werk van vyf uur - of 'n halfuur soos ooreengekom.

Jaarlikse verlof en deernisverlof:

Heeltydse werkers is geregtig op drie weke (21 kalenderdae) verlof en drie dae deernisverlof (vir geboortes, siekte of sterfte van naasbestaandes) teen volle betaling.

'n Bykomende dag verlof moet toegestaan word vir elke openbare vakansiedag wat in die plaaswerker se jaarlikse verlof val. Jaarlikse verlof mag nie tydens siekteverlof of kraamverlof of tydens die kennistydperk gegee word nie.

Verlof mag nie uitbetaal word nie, behalwe by diensbeëindiging.

Siekteverlof:

Vir elke siklus van 36 maande is die plaaswerker geregtig op betaalde siekteverlof. Werkers wat twee dae ná mekaar siek was, moet 'n mediese sertifikaat voorlê.

Kraamverlof:

Vroulike werkers is geregtig op vier maande opeenvolgende kraamverlof. Die werkgewer is nie verplig om vroulike werkers gedurende kraamverlof te betaal nie.

  • Navrae en verdere inligting: Departement van Landbou, tel. (012) 322-6523/4 of www.labour.gov.za

    20 Desember 2002

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    18.07
    -0.6%
    Rand - Pond
    20.16
    +0.2%
    Rand - Euro
    17.68
    +0.3%
    Rand - Aus dollar
    11.58
    +0.1%
    Rand - Jen
    0.12
    +0.1%
    Goud
    1,661.25
    +0.0%
    Silwer
    19.03
    0.0%
    Palladium
    2,166.50
    0.0%
    Platinum
    864.50
    0.0%
    Brent-ruolie
    85.14
    -2.4%
    Top-40
    57,390
    +0.8%
    Alle aandele
    63,726
    +0.7%
    Hulpbronne 10
    60,230
    +0.7%
    Industriële 25
    77,400
    +0.8%
    Finansiële 15
    13,796
    +0.7%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
    Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
    Dis tyd om te leef!!!!
    Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot