AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Rommelstatus: ‘Zuma moet pa staan’

Pres. Jacob Zuma moet verantwoordelikheid neem vir sy rol in S&P se besluit om Suid-Afrika se kredietgradering na rommelstatus te verander.

Boere het die geleentheid om ’n stabiliserende mag in die land te wees, te midde van regeringspolitiek wat tot die krediet-afgradering van die Suid-Afrikaanse ekonomie gelei het.

Só reken mnr. Louis Meintjes, voorsitter van die TLU SA, wat in ’n verklaring gewaarsku het teen die gevare van hoë voedselpryse wat ’n sterker moontlikheid is weens die kredietagentskap Standard and Poor (S&P) se besluit om Suid-Afrika se gradering na rommelstatus te verander.

“Al prioriteit wat daar nou vir die landbou is, is om so bekostigbaar moontlik voedsel op die tafel te sit vir die land se inwoners. Die rommelstatus gaan ’n invloed op voedselpryse hê, en lesse in Egipte het al getoon dat hoë, onbekostigbare voedselpryse tot revolusie kan aanleiding gee,” aldus Meintjes.

Volgens Meintjes moet die landbou hom onttrek van regeringspolitiek, sodat die ANC alleen verantwoordelikheid moet neem vir die situasie waarin Suid-Afrika homself bevind. “Ons as boere moet net doen wat ons moet doen, en dit is om te boer. Ons doen dit al lank reeds ten spyte van die ANC-regering en sy beleid, en nie danksy ’n ANC-regering nie.”

Zuma moet verduidelik

Hoewel ’n swakker rand weens die rommelstatus goeie nuus kan wees vir boere wat hul produkte na die buiteland uitvoer, is onstabiliteit van die breër ekonomie tot nadeel van die landboubedryf as geheel.

Mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, het pres. Jacob Zuma se rol in die kredietgradering-sage veroordeel. “Om te herstel van ’n afgradering verg ’n besondere poging van die politieke sowel as ekonomiese sektore van die samelewing. Die president moet nou verduidelik wat hy gaan doen om Suid-Afrika uit sy rommelstatus-situasie te kry,” het Möller gesê.

“Agri SA is bekommerd oor die huidige verwikkelinge en die uitwerking wat dit het op politieke en ekonomiese sekerheid en stabiliteit in die land. Politieke en ekonomiese leierskap is die enigste manier waarop ons vorentoe kan beweeg.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Soek geselskap
Ek hou van gesels Ek is eerlik en opreg. Ek hou van die natuur. Ek hou van diere. Ek hou daarvan om na myself om te sien.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot