AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
5067,6
107,60
YMAZ
06 Okt
-
4958
84,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Rondloperhonde maai onder skape

Rondloperhonde rig derduisende rande se skade aan as hulle onder troppe skape aan die Weskus inklim.

Rondloperhonde saai groot verwoesting op skaapplase rondom Saldanha aan die Weskus.

Mnr. Morné Schenk, die plaasbestuurder van die Uitkoms-boerdery net buite Paternoster, vertel hulle het 249 besette ooie ter waarde van sowat R2 800 elk oor drie maande verloor.

Mnr. Nickie Pienaar, wat by De Klip net buite Vredenburg boer, het 40 lammers teen sowat R800 per lam in een aand verloor en mnr. Riaan Malan, wat deeltyds op ’n kleinhoewe net buite Paternoster boer, 11 skape. (Sien foto hieronder.)

Pienaar sê die probleem met rondloperhonde is dat hulle onder die skape maai vir plesier: “Jakkalse en rooikatte sal een of twee skape op ’n slag vat en dan ’n paar aande later as hulle weer honger is, terugkom vir nog. Maar honde verskeur skape vir die genot.”

Schenk en Malan het skaaphalsbande aangeskaf wat die skape se bewegings monitor en hulle per selfoon in kennis stel as die skape begin hardloop.

“Ons het minder probleme sedert ons die halsbande aangeskaf het, maar dit beteken dat ons elke keer as die skape vir iets skrik, lande toe moet jaag. Ons kry nie meer saans geslaap nie,” vertel Schenk.

Volgens Malan is verwaarloosde honde wat vir jag en as veghonde gebruik word, die moeilikheidmakers op plase. Hy dink ’n hondeskut, soos wat deur die munisipaliteit beoog word, en ’n sterilisasieveldtog kan help om die probleem met veral verwaarloosde rondloperhonde te pak. Pienaar stem saam: “Die munisipaliteit moet die situasie onder beheer kry. Volgens wet mag mense net ’n sekere aantal honde aanhou en die honde moet op ’n omheinde erf aangehou word. Hier in die gebied is mense wat dit nie kan bekostig nie en sommer sewe honde besit.” Me. Ethne Julius, woordvoerder van Saldanha-munisipaliteit, sê grond is reeds aangeskaf. Hulle is besig met die uitleg van die infrastruktuur vir die munisipale skut by Saldanha. Sy sê die munisipaliteit het die publiek daarvan bewus gemaak dat alle honde vasgemaak moet word en dat eienaars moet toesien dat hul honde nie die perseel verlaat nie. Die publiek is ook gevra om die Saldanhabaai-munisipaliteit se oproepsentrum by tel. 022 701 6974022 701 6974 te bel om verwaarloosde diere of dieremishandeling aan te meld. Verder is patrollering in die onderskeie gebiede verhoog.

Al die boere stem saam dat ’n hond wat een keer ’n skaap gebyt het, dit weer sal doen. Hulle wil dus hê daardie honde moet heeltemal uit die gebied verwyder of van kant gemaak word: “Ek het onlangs ’n hond op die plaas gevang en die betrokke owerheid in kennis gestel. Al wat gebeur het, is dat die eienaars ’n boete van R500 gekry het. Dít nadat die hond vier skape doodgebyt het,” vertel Malan.

Dit is ook nie maklik om skadevergoeding te eis vir skape wat gebyt is nie.

honde-rondloper-glenneis-kriel.jpg-600

 

Call
Send SMS
Add to Skype
You'll need Skype CreditFree via Skype

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.83
-0.4%
Rand - Pond
20.10
+0.2%
Rand - Euro
17.62
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.51
+0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,714.22
-0.1%
Silwer
20.57
-0.4%
Palladium
2,279.01
+0.9%
Platinum
926.03
+0.4%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,834
+0.3%
Hulpbronne 10
62,826
-1.4%
Industriële 25
80,194
+1.2%
Finansiële 15
14,081
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot