AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Roodt - Begroting soos kind met stukkende speelgoed

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Enoch Godongwana. Foto: GCIS
Mnr. Enoch Godongwana. Foto: GCIS
Die begroting was soos ’n kind wat net ’n klomp stukkende speelgoed gehad het om mee te speel.

Mnr. Dawie Roodt, direkteur en hoofekonoom van die Efficient Group, sê mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, was die kind wat net gebreekte speelgoed tot sy beskikking gehad en maar die beste daarmee moes doen wat hy kon. “ ’n Mens moenie vra of dit ’n goeie of slegte begroting was nie. Dit was die beste wat dit kon wees in die gebroke omstandighede.”

Hy sê Godongwana was te optimisties oor ekonomiese groei en voorspel groei van 0,9% in 2023. “Hierdie is die aspek waar ek die meeste van hom verskil. Die Reserwebank sê 0,3% en ek glo baie eerder die bank. Noudat ons beweeg na fase 7-beurtkrag is die kans goed dat daar geen groei gaan wees nie en dit hou die grootste bedreiging vir die minister in.

“As die ekonomie nie groei nie, is die inkomste uit belasting onder druk. Gaan ons 1,5% groei sien aanstaande jaar? Ek dink ook nie so nie. Vir die afgelope tien boekjare was die tesourie se raming vir ekonomiese groei in agt jare hoër as die werklike syfer op die ou einde.

“In 2021 was die groei hoër as die raming, maar dit was weens die inperking wat opgehef is en dit was kunsmatige omstandighede. In 90% van gevalle is die tesourie dus verkeerd met sy raming van ekonomiese groei. Jy kan maar na enige amptelike raming van ekonomiese groei kyk. Dit lyk altyd in die volgende jaar beter.”

Hy sê daarby moet ’n mens in gedagte hou dat die bevolking teen 1,2% groei en selfs met 1,5% ekonomiese groei is daar geen vooruitgang per capita nie.

Persoonlike belasting

Roodt sê as ’n mens na die staat se belastinginkomste kyk, vorm persoonlike belasting die vernaamste inkomstebron. Net 160 000 individue betaal 30% van die totale hoeveelheid persoonlike belasting. Nog ’n aanduiding van die wanbalans is dat 20% van persoonlike belastingbetalers 90% van die belasting betaal. Hy sê daarom durf die staat dit nie verder verhoog nie.

“As ’n mens na maatskappybelasting kyk, lyk die prentjie nog erger. Slegs 0,09% van maatskappye in die land (770 maatskappye) betaal meer as twee derdes van alle maatskappybelasting. Die res betaal omtrent geen belasting nie en ons kan net sowel klein ondernemings vrystel van belasting om as aansporing te dien. Dit wys hoe afhanklik die ANC-regering van mense is wat waarskynlik nie eens die party ondersteun nie.”

Staatskuld en toelaes

Wat uitgawes betref, is rente op staatskuld tans 18% van die begroting en dit sal verhoog tot 19,8% in 2025-’26. Besteding op rente is reeds R366,8 miljard per jaar.

Roodt sê nog ’n groot bedreiging vir die begroting is die minister se 3,3% verhoging in staatsdienssalarisse, terwyl die vakbonde aandring op 12,5%.  “Verhogings was meer as tien jaar bokant inflasie. Die meeste staatsamptenare verdien te veel en doen te min, maar ek kan nie dink met ’n algemene verkiesing volgende jaar gaan die minister wegkom met ’n verhoging van net 3,3% nie. Hierdie is waarskynlik die grootste bedreiging aan bestedingskant.”

Sowat 27 miljoen mense ontvang op die omblik toelaes, maar sowat 10 miljoen se toelaes vir covid-19 is veronderstel om tot ’n einde te kom volgende jaar. Roodt sê hy kan nie sien dat dit sal gebeur nie. Dit beteken met net 15 miljoen mense in Suid-Afrika wat werk, is daar vir elke werkende mens twee ander wat van toelaes leef.

Eskom

Oor die skuldverligting van R254 miljard in totaal aan Eskom het hy gesê dit is belangrik om daarop te let dat Eskom eers aan sekere voorwaardes moet voldoen. Die private sektor moet by steenkoolkragsentrales betrokke raak en daar moet ’n internasionale onderneming betrek word om kragsentrales te beoordeel en aanbevelings daaroor te maak.

“Dit is ’n tipe van agterdeur-privatisering wat aan die gebeur is. Dieselfde het by SAL gebeur en dit gebeur ook nou by die poskantoor en dit is goeie nuus.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
-0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot