AFGRI
BEAN
18 Okt
-
6807,6
4,60
CORN
18 Okt
-
3086
32,00
SOYA
18 Okt
-
7214
-22,00
SUNS
18 Okt
-
9728
38,00
WEAT
18 Okt
-
5749
48,00
WMAZ
18 Okt
-
3196
-8,00
YMAZ
18 Okt
-
3351
-3,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Roofdierbestuur: Monitering op plase bring daling in veeverliese

akkreditasie
Mnr. Niel Viljoen, roofdierspesialis vir die veebedryf, bied ’n demonstrasie aan as deel van opleiding in vee- en roofdierbestuur. Foto: NWKV
Mnr. Niel Viljoen, roofdierspesialis vir die veebedryf, bied ’n demonstrasie aan as deel van opleiding in vee- en roofdierbestuur. Foto: NWKV
Die persentasie vee wat boere weens roofdiere verloor, het in die 13 jaar van die program vir moniteringsplase vir die bestuur van roofdiere van 13,2% in 2008 tot 2,7% in 2020 gedaal.

Mnr. Niel Viljoen, roofdierspesialis vir die veebedryf, beskryf dié afname in die getal vee wat verloor is as “ ’n waarlik merkwaardige gebeurtenis”. Die veebedryf het waardevolle lesse deur die program geleer, wat moniteringsplase regoor Suid-Afrika behels. Die vordering in vee- en roofdierbestuur is vermag danksy eksperimentering, opleiding en navorsing.

Die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) het reeds in 2008 die bal aan die rol gesit vir die moniteringsplase, en moniteer sedertdien roofdierbestuur op 27 plase wat oor 136 214 ha in ses provinsies (die Noord-, Wes-, en Oos-Kaap, die Vrystaat, KwaZulu-Natal en Mpumalanga) strek. Die program word ook finansieel deur die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) ondersteun.

Die doel van die plase is onder meer om ’n wetenskaplike navorsingsplatform te bied om die veebedryf op te lei en in te lig, om opleidingsprogramme vir boere, plaaswerkers en roofdierbestuurspesialiste bygewerk te hou, en om gesonde biodiversiteit daar te stel.

Boere word dus bygestaan om hul verliese weens roofdiere te beperk, waardeur hul vee se speenpersentasie verhoog word om sodoende lewensvatbaarder te kan boer.

“Voorkomende roofdierbestuur wat gepaard gaan met die afwisseling van verskillende metodes wat goed bestuur is binne een lamtyd, is ‘n sleutel tot ’n goeie speenpersentasie,” sê Viljoen. 

Bly aanpas

Volgens hom hang die sukses van enige van die bestuursmaatreëls af van die bestuursvaardigheid van die boer, asook sy aanpasbaarheid omdat roofdiere so aanpasbaar is.

Die opleiding en vaardighede van boere en plaaswerkers is noodsaaklik om die probleem aan te pak en vee te beskerm, maar ook die omgewing te bewaar. Die NWKV, onder die vaandel van predasiebestuur SA, is tans die enigste organisasie in Suid-Afrika wat roofdieropleiding aan boere, plaaswerkers en roofdierbestuurspesialiste bied.

Vanweë die aanpasbaarheid van roofdiere, veral die rooijakkals, is dit nodig dat boere ingelig moet bly om te kan aanpas. Dit is waarom moniteringsplase so belangrik is.

“Deurlopende navorsing bied die tegnologie aan boere sodat hulle hul benadering tot roofdiere gepas kan aanpas en steeds hul vee-roofdierbestuursprogram kan verstaan en bestuur ter wille van ’n volhoubare en lewensvatbare onderneming.”

Viljoen benadruk dat roofdierbestuur nie beteken dat alle roofdiere bekamp moet word nie, maar dat verskeie metodes – dodelik en nie-dodelik – gebruik word. Dit impliseer dat vee eerstens bestuur word, waarna roofdierekamping en -bestuur toegepas word.

Die belangrike lesse en prestasies wat behaal is, word opgesom in die tabel van aanwysers wat in die toekoms gebruik kan word.

predasietabel
Bron: Predasiebestuur SA

Bekamp probleemdiere

Goeie roofdierbestuurstrategieë was een van die redes vir die afname in veeverliese.

Om dié resultate te verkry, is daar jaarliks ’n betreklik hoë aantal roofdiere bekamp. Daar is sedert 2012 gemiddeld 520 roofdiere verwyder.

Een van die program se fokuspunte was om gewoonteroofdiere, wat deurlopend tot verliese gelei het, te verwyder. Roofdiere, soos rooijakkalse en rooikatte, leer vinnig dat vee wat snags in klein kampies gehou word, maklike prooi is. Die rooijakkals het ook gewoond geraak aan Anatoliese honde deur hulle eenvoudig met getalle te oorweldig en in die dag uit te oorlê, wat tot reuseverliese gelei het.

Belegging in toekoms

Boere op die plase se finansiële verliese het sedert die begin van die program gedaal, maar dit gaan gepaard met ’n toename in die koste van die bestuursprogram, met aansienlike stygings in 2018 en 2020. Dit is onder meer vanweë verskillende bestuurstrategieë, soos die oprigting van jakkalswerende en elektriese heinings.

Net meer as R15 miljoen is sedert die begin van die program aan die bestuursprogram bestee, terwyl boere se verliese net minder as R12 miljoen beloop het.

“Dinge soos heining en nekbande moet egter gesien word as ’n langertermynbelegging wat vir jare daarna tot beter opbrengste sal lei,” sê Viljoen.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.67
-0.5%
Rand - Pond
20.14
-0.2%
Rand - Euro
17.03
-0.5%
Rand - Aus dollar
10.88
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,765.69
-0.1%
Silwer
23.23
-0.4%
Palladium
2,017.98
-2.8%
Platinum
1,039.00
-1.8%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,221
-0.5%
Alle aandele
66,792
-0.4%
Hulpbronne 10
63,626
-1.1%
Industriële 25
84,496
-0.4%
Finansiële 15
14,073
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons skryf ons eie roman
Ek is n fantastiese , avontuurlustige man wat my af dae gewoonlik in die natuur deurbring .Ek is n trotse afrikaner met n sagte hart vir baie dinge soos bevoorbeeld my klein...
Ek wil leef en laat leef
Ek is jonk van gees, avontuurlustig en ewe tuis in n tent of hotel💥Ek waardeer en geniet die eenvoudige dinge in die lewe. Passievol oor diere veral honde en perde....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot