’n Bekende boer van Wesselsbron se ervaring om beroof te word deur polisiebeamptes en mense wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het en te hoor hulle beplan om hom te vermoor, was uiters angswekkend en traumaties.
Só het mnr. Carel Marais, boer en sakeman van Wesselsbron, gister in die hooggeregshof hier getuig.
Vertroue verloor
“My gevoel is moeilik om te beskryf. Ek moes traumaberading kry. Ek probeer positief bly, maar dit is nie elke dag maklik nie. Om te moet weet my en my gesin se lewe word moontlik nou nog bedreig, is moeilik. Ek het my vertroue in die polisie verloor.”
Aangekla
Ná die betrokke voorval word vier polisiemanne, ’n oud-polisieman en broer van ’n Vrystaatse LUR, en nog vyf mans wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het, nou aangekla.
Lees meer hier.
27 Januarie 2011