Sewe rooibokke in die Krugerwildtuin is in ’n “grusame” ongeluk doodgery deur ’n bestuurder wat die spoedgrens oorskry het.
Mnr. Earnest Hickman van Polokwane loop nou deur onder kritiek ná die voorval wat hy as ’n fratsongeluk beskryf, berig Volksblad. Hickman, ’n werknemer van Shivers BK, ’n verkoelingsmaatskappy, het 52km/h in die park gery toe die bokke oor die pad gehardloop het.
“Ek het rem aangeslaan maar die sleepwa wat ek gesleep het, was swaar gelaai en het my vortentoe gedwing. Ek kon nie betyds stop nie,” sê Hickman. Die spoedbeperking op die pad is 50km/h.
Boete
Hickman is na die ongeluk ’n boete van R2 500, die maksimum straf vir so ’n oortreding, opgelê. Die bokke het glo baie skielik oor die pad gestorm en Hickman kon nie betyds stilhou nie.
Sanparke beweer Hickman het te vinnig gery en dit is wat die ongeluk veroorsaak het en tot die dood van die bokke gelei het nie.
Dr. Gerhard Verdoorn, adjunkvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Jagtersvereniging, sê die standaardjagprys vir ’n rooibok is sowat R800. Wildpryse vir volwasse rooibokke op veilings is sowat R1 300.
Bron: Volksblad
8 Mei 2012