AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Rooibosraad se wiele kners tot stilstand

Vrese dat die rooibosteebedryf uitmekaar kan val, is in bedryfskringe uitgespreek.

'n Dooie punt is bereik oor die toekoms van die Rooibosraad en sekere verwerkers meen dat Rooibos Bpk. die bedryf tot sy eie voordeel te ondermyn.

Mnr. Peter Schulke, uitvoerende hoof van Khoisan Tea, sê die Rooibosraad het vir alle praktiese doeleindes doodgeloop nadat die meerderheid produsente verlede jaar teen die instelling van statutêre heffings (50c/kg) gestem het.

Hoewel die meerderheid verwerkers vir die heffing gestem het, is volume-gewys ook teen die instelling daarvan gestem. Aangesien die Rooibosraad se geld nou uitgeloop het, het dié instansie se werksaamhede tot stilstand gekners.

In Februarie het ’n groep verwerkers, volgens Schulke, bymekaar gekom om die toekoms van die Rooibosraad te bespreek. By hierdie vergadering het verteenwoordigers van vier van die 10 verwerkers in die bedryf ’n dokument onderteken waarin hulle gestem het dat die raad vir nóg ‘n jaar deur middel van vrywillige heffings gefinansier word. Aan die einde van die jaar sal weer gekyk word na statutêre heffings of alternatiewe daarvoor. 'n Verteenwoordiger van Rooibos Bpk. was ook teenwoordig, maar Rooibos Bpk. het nog nie terugvoering gegee nie.

Gekant teen heffing
Mnr. Martin Bergh, besturende direkteur van Rooibos Bpk., het verduidelik dat Rooibos Bpk. as maatskappy van die begin af gekant was teen die instelling van die statutêre heffings weens die administratiewe las wat dit tot gevolg sou hê: “Ons het gesê dinge moet gelos word soos dit is, aangesien net 10% van die verwerkers nie bygedra het nie. Dis nie 'n geheim nie.

“Ons het nie met ons produsente gepraat oor ons besluit nie, maar ek neem aan dat hulle daarteen  gestem het omdat daar ‘n algemene wantroue in die staat is en dat hulle waarskynlik bang was dat hulle geld verkeerd gebruik word.”

Bergh sê verder dat hulle gereed was om die dokument te onderteken, wat sou handel oor die toekoms van die Rooibosraad, maar dat die vereistes anders was as wat oorspronklik ooreengekom was: “Daar is oorspronklik gesê dat die Rooibosraad nie meer produksienavorsing sou doen nie, maar net sekere algemene bedryfsfunksies. Toe ons moes teken, was produksienavorsing weer bygevoeg.”

Produksienavorsing
Hy sê dat Rooibos Bpk. oop is vir verdere onderhandeling. Produsente van Rooibos Bpk. het intussen ‘n Rooibos-navorsingskommittee gestig, wat vir nou deur Rooibos Bpk. gefinansier sal word, om produksienavorsing te doen en te prioritiseer.

Schulke meen egter dat produksienavorsing in die domein van die Rooibosraad moet bly. “Daar is navorsing wat vir bykans 10 jaar aan die gang is. Wie gee Rooibos Bpk. se boere die reg om dit vir hulself toe te eien,” wou hy weet.

Schulke sê die Rooibosraad is verskriklik belangrik vir die bedryf, nie net omdat dit help met bedryfsnavorsing, bemarking en die beskerming van die Rooiboshandelsmerk nie, maar ook omdat dit basies die internasionale kontak vir die bedryf is. Hy het bygevoeg dat Duitsland, wat tans SA se grootste mark vir Rooibostee is, baie bekommerd is oor dié verwikkelinge.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.00
-0.3%
Rand - Pond
20.05
-0.5%
Rand - Euro
17.66
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.68
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,664.38
+0.2%
Silwer
18.90
+0.4%
Palladium
2,184.00
-1.0%
Platinum
871.24
+0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
56,921
0.0%
Alle aandele
63,264
0.0%
Hulpbronne 10
59,793
0.0%
Industriële 25
76,769
0.0%
Finansiële 15
13,707
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Geloof, Hoop, Liefde
Ek is sag en liefdevol, n omgee en hartsmens, wat lief is vir die natuur, diere, kinders en oumense. Ek hou van lag, selfs vir myself en kan lekker jonk van gees wees en steeds...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot