AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Rooivleis: Samic verwag kopersweerstand

Speenkalfpryse van meer as R11/kg vir diere wat vir die Kersfeesmark afgerond moet word en spesiale aanbiedinge van lamsvleis teen amper R30/kg noodsaak 'n breër blik oor die status van en pryse in die bedryf.

Dit is so dat boere vir 'n lang tyd nie die waarde van hul produk gekry het nie. In die geval skaapvleis het invoer die plaaslike pryse laag gehou. In die geval van beesvleis was Suid-Afrika lank net op die plaaslike mark aangewese op grond van die bek-en-klou-verbod. Dieselfde het vir varkvleis gegeld, sê mnr. Manie Booysen, hoof uitvoerende beampte van die SA Vleisbedryfsmaatskappy (Samic).

Invoer van skaapvleis uit Australië is einde verlede jaar beëindig weens die duur randwaarde en die beskerming deur die nuwe heffing van 40 %. Skaapvleispryse behoort dus te stabiliseer sodra invoer en die plaaslike prys balanseer. Dit gebeur reeds. Verwagte nismarkte vir Suid-Afrikaanse lamsvleis — selfs in die EU-lande waar 'n groeiende toegeneentheid daarvoor ontstaan — kan egter die vraag weer verhoog. Dit kan dalk meer invoer beteken.

Die skerp styging in die mielieprys het talle varkprodusente gekniehalter. Die styging in varkvleispryse is dus grootliks die gevolg van 'n onderaanbod. Boonop is daar 'n sterk verband tussen vark- en beesvleispryse.

Van Julie het die uitvoermark vir beesvleis weer begin groei en hoewel geen statistiek beskikbaar is nie, word groot volumes van die hoër graad beesvleissnitte uitgevoer. Daar is 'n tekort aan diere in die C-graad vir verwerking. Verligting is egter in sig en daar word verwag dat protokolle binne afsienbare tyd gevestig sal wees om vleis vir verwerking van Brasilië en Argentinië in te voer. Die tekort aan C-graad maak vleis vir mense in die laer inkomstegroepe duur.

Mnr. Booysen meen kopersweerstand sal effense prysstygings in die volgende maand duld, waarna dit waarskynlik tot die huidige prysvlak kan terugsak. Volgens hom behoort dit 'n geruime tyd op dié vlak te bly.

Dit is nog onseker wat in die verhalingstyd van Januarie en Februarie volgende jaar gaan gebeur as die duur speenkalwers wat nou gekoop word, verkoop moet word. Daar sal dus ernstig gewerk moet word om nismarkte vir veral beesvleis te ontwikkel. Suid-Afrikaanse vleis uit voerkrale is van uitstaande gehalte. Daarom dat Europese lande toenemend ook in dié produk belangstel, die heffings van sowat R40/kg ten spyt, sê mnr. Booysen.

"Wat mense nie besef nie, is dat die krimpende veegetalle in die land en gepaardgaande tekorte toenemend die gevolg van 'n groeiende wildbedryf is. Veral in die Noord- en Oos-Kaap word groot gebiede uitstekende veeweiding met wild beset. In die tradisionele beeswêreld van die Bosveld is beeste nou 'n rariteit," sê mnr. Booysen.

In dié bedryf is dit die eksotiese spesies wat feitlik weekliks nuwe rekord-pryse behaal, terwyl vars wildsvleis skarrel om 'n plek in die mark te kry. Geen wonder nie dat daar selfs van staatsweë geluide van groeiende kommer oor hierdie situasie gehoor word.

18 Oktober

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot