AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Rooivleisbedryf herstel goed ná droogte

Die goeie prysvlakke van rooivleis behoort voort te duur ná die droogte, meen dr. Pieter Prinsloo.

Hy het koerantopskrifte ontken ontken wat aan hom toegedig is dat die prys van beesvleis met 30% gaan styg, sê dr. Pieter Prinsloo, nasionale ondervoorsitter van die RPO.

“Wat ek wel in ’n verslag aan Agri Oos-Kaap gemeld het, is dat die prys van A2-graad beesvleis, wat gedurende die eerste week in Desember 2016 by abattoirs in die Oos-Kaap geslag was, teen ’n gemiddelde prys van R37,84/kg verkoop is. Gedurende die derde week in Maart is dieselfde graad teen R44,31/kg verkoop wat ’n styging van 17% verteenwoordig.

“Insgelyks het C-grade in dieselfde tyd van R33,89/kg tot R37,18/kg (net minder as 10%) verbeter. In die geval van B- en C-grade het pryse egter sedert Junie 2016 van R27,50/kg tot R36,50/kg in Maart vanjaar gestyg. Dit verteenwoordig ’n verhoging van 32%.”

Huidige prysvlakke gehandhaaf

Prinsloo sê met minder diere in die mark en boere wat vee na die goeie reën terughou, die huidige prysvlakke gehandhaaf sal word. “Die moontlikheid is nie uitgesluit dat A-graad beesvleis wanneer die nuwe mieliekontrakte teen die einde van Julie beding word, selfs tot R50/kg kan styg. Met ’n groter aanbod sal speenkalwers se prys in die Oos-Kaap waarskynlik op die vlak R26/kg op die hoef stabiliseer.”

Boere wat hulle speenkalwers teen Julie/Augustus bemark, behoort ook beter te vaar as diegene wat dit teen die einde van April/Mei verkoop.

“Gesien die huidige ekonomiese klimaat in die land het vleisboere nie rede tot klagte nie. Hoewel die nasionale kudde weens die droogte baie kleiner is, het boere die mees produktiewe diere teruggehou. Resultate van die eerste dragtigheidstoetse wat binnekort beskikbaar sal wees, behoort ’n goeie aanduiding te gee wat die invloed van die beter weidingstoestande op volgende jaar se produksie sal wees.”

* Die Brasiliaanse vleisdebakel sal min invloed op plaaslike rooivleispryse hê, sê Prinsloo. “Die opskorting van vleisinvoere uit Brasilië sal nie ’n noemenswaardige invloed op die rooivleispryse hê nie aangesien die volumes baie klein is. Met die Paasnaweek in sig, kan die prys van skaapvleis egter met sowat 6% styg.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
+0.3%
Rand - Pond
22.29
+0.5%
Rand - Euro
19.61
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+1.7%
Platinum
967.19
+0.8%
Palladium
1,433.17
+1.2%
Goud
1,963.86
-0.5%
Silwer
23.31
-0.1%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kuier lekker saam
Ek hou van musiek, braai, kuier met vriende, kamp, ens. Tipiese introvert kom daar tye waar ek bietjie alleen tyd nodig het, en ek gun dieselfde vir my vriendin. Ek werk hard en...
Ant
Oopkop en standvastig. Onafhaklikheid belangrik vir my. Doen nie drama nie. Lewe te kort om te mors op dinge en mense wat jou nie gelukkig maak nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot