AFGRI
BEAN
03 Okt
-
9384
0,00
CORN
03 Okt
-
4797
0,00
SOYA
03 Okt
-
9314
0,00
SUNS
03 Okt
-
10079
0,00
WEAT
03 Okt
-
7065
0,00
WMAZ
03 Okt
-
4845
0,00
YMAZ
03 Okt
-
4793
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Rooivleisbedryf raadop oor entstowwe

OBP kan moontlik regstappe teen hom kry omdat hy nie inligting beskikbaar stel oor die hoeveelhede entstowwe wat beskikbaar is nie.

Onderstepoort Biologiese Produkte het ná ’n onlangse noodvergadering met verteenwoordigers van die Regering, die rooivleisbedryf en die nasionale Dieregesondheidsforum (DGF) onderneem om ’n skedule op sy webwerf te publiseer oor die tipes en hoeveelhede entstowwe wat beskikbaar is.

Dit kom ná toenemende ongelukkigheid in die rooivleisbedryf omdat daar geen aanduiding van OBP is watter entstowwe beskikbaar is nie.

Landbouweekblad verneem daar is tekorte aan entstowwe vir brucellose en geen entstowwe beskikbaar vir drie-dae-stywesiekte en knopvelsiekte nie. Onsekerheid bestaan ook oor die beskikbaarheid van entstowwe teen slenkdalkoors, miltsiekte, knoppievelsiekte, bloutong, anaplasmose (galsiekte) en rooiwater.

Kuddes moet so gou moontlik ingeënt word, voor die aanvang van die reëntyd, omdat baie van die siektes deur insekte oorgedra word, en daar ook tyd nodig is vir die entstowwe om diere se weerstand op te bou.

Regstappe nie uitgesluit

Die Rooivleisbedryfsforum het aangedui hy sluit nie die moontlikheid van regstappe teen OBP uit nie.

Dit kan dié instansie dwing om sy mandaat – om genoegsame entstowwe betyds aan Suid-Afrikaanse boere te lewer – na te kom.

“Dit sal egter die heel laaste uitweg wees,” het mnr. Gerhard Schutte, hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO) verduidelik.

Dit volg ná samesprekings tussen die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, die DGF, en OBP voorverlede week.

Verslag teen einde Oktober

Dr. Danie Odendaal, hoofbestuurder van die DGF, sê die departement het op die vergadering onderneem om OBP te besoek en die situasie rakende die vervaardiging en verspreiding van entstowwe te ondersoek, waarna die departement einde Oktober ’n verslag sal publiseer.

Odendaal het saamgestem dat ’n verslag teen daardie tyd te laat gaan wees om die situasie teen die komende seisoen beduidend te verander, maar meen die ondersoek kan OBP dwing om sy produksie en verspreiding te verbeter.

Volgens Odendaal het OBP op die vergadering ’n beroep op die lewendehawebedryf gedoen om te wag dat die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye sy ondersoek en verslag afhandel voordat regstappe gedoen word.

“Die eenvoudige oplossing is om die bedryf te laat weet indien daar enige probleme is,” het Schutte gesê.

Verskonings nie meer aanvaarbaar nie

“OBP se verskonings is nie meer aanvaarbaar nie.” Hy het bygevoeg hy hoop OBP én dr. Botlhe Mike Modisane, hoofdirekteur van die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid en direkteur van die departement se direktoraat dieregesondheid, bejeën die gesprek met erns. OBP het vroeër vanjaar sy verspreidingsooreenkoms met die maatskappy Bayer beëindig.

’n Bron binne die bedryf het aan Landbouweekblad gesê dit blyk OBP vervaardig wel sekere entstowwe in groot maat, maar dié entstowwe is vir uitvoer, en dus groter wins, bedoel.

Schutte sê OBP is ’n strategiese vennoot binne die SuidAfrikaanse veebedryf en moet ter wille van die lewendehawebedrywe ook sterk op plaaslike entstowwe toegespits wees.

“Ons sit byvoorbeeld op ’n brucellosetydbom. Die departement, met die samewerking van die bedrywe, het reeds ’n strategiese plan ontwikkel om die probleem die hoof te bied, maar dan sit ons met ’n entstoftekort, wat daartoe gaan lei dat boere nie meer deur daardie hoepel wil spring om entstowwe te verkry nie.

 OBP moet ook sy kant bring

“Die RPO is in ’n motiveringsproses om boere aan te moedig om hul diere betyds te ent, maar dan moet OBP ook sy kant begin bring,” het Schutte gesê.

Hy het benadruk die RPO sien ’n hofgeding as ’n laaste uitweg, maar gesê die bedryf is nou moedeloos.

“As die situasie nie nou, met hierdie gesprek, regkom nie, is ek bevrees dit is sulke tyd.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.85
-0.1%
Rand - Pond
20.20
-0.0%
Rand - Euro
17.55
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.8%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,699.19
-0.0%
Silwer
20.84
+0.6%
Palladium
2,249.58
+1.1%
Platinum
910.50
+0.7%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
57,850
0.0%
Alle aandele
64,227
0.0%
Hulpbronne 10
61,646
0.0%
Industriële 25
77,524
0.0%
Finansiële 15
13,815
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Great humor and still have a lot to offer to a sincere person
Let's meet and you can decide. I don't want to pretend or mislead a potential partner. What you see is who I am. Ek is God se kind en dit is nie eers onderhandelbaar...
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot