AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Rowers ná aanval op wildplaas gesoek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
’n Span ondersoekers is aangestel om vyf rowers aan te keer wat ná ’n plaasaanval by Musina, Limpopo, met 11 vuurwapens gevlug het.

Rowers het Dinsdagaand (27 Desember) op ’n wildplaas langs die Tshipise-pad toegeslaan, die vrou van die plaaseienaar aangerand en aangedring op geld en ander waardevolle artikels. Volgens ’n polisie-verklaring het sowat vyf gewapende aanvallers omstreeks 21:15 op die plaas aangekom.

Nadat hulle die vrou aangerand het, het hulle 11 vuurwapens, ’n onbekende bedrag kontant in rande, Amerikaanse dollar en ponde, sowel as skootrekenaars en ’n selfoon uit twee kluise geroof en in die plaaseienaar se Toyota Land Cruiser gevlug.

Die voertuig se registrasie is DHG 739 L.

Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisie-kommissaris, het beslis dat ’n spesiale span saamgestel moet word om die verdagtes aan te keer.

“Die span sal dag en nag werk om die verdagtes op te spoor en ons versoek lede van die gemeenskap om die polisie te help met enige inligting wat van waarde kan wees en tot die inhegtenisname van die verdagtes kan lei,” het sy gesê.

Die verdagtes het glo Venda gepraat en was geklee in blou werkspakke met wit op die rugkant. Die ondersoekspan staan onder leiding van die provinsiale moord- en roofeenheid.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het gesê die taakspan is besig met sy ondersoek en nog niemand is in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting kan lt.kol. Richard Boshomane by 084 322 1341 of adj.off. Phaladi Makola by 071 601 5174 kontak. Die algemene stop misdaadnommer kan ook geskakel word by 0860010111.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
-0.5%
Rand - Pond
20.81
+0.4%
Rand - Euro
18.75
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Platinum
1,016.29
-0.9%
Palladium
1,684.58
+0.9%
Goud
1,912.82
+0.0%
Silwer
23.37
-0.4%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,923
+0.4%
Alle aandele
80,090
+0.4%
Hulpbronne 10
74,861
+0.2%
Industriële 25
103,382
+0.7%
Finansiële 15
16,523
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
Alleen maar gelukkig
Ek is n sosiale spontane mens wat hou van lag en goeie geselskap. Ek werk hard, soms lang ure, maar hou ook van rustig wees. Ons is nie veronderstel om alleen deur die lewe te...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot