AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Rowers teiken plaaswerkers

Booswigte het op plaaswerkers toegeslaan en in sewe gevalle is die werkers van hul selfone en lone beroof.

'n Groot groep booswigte het die afgelope tyd 'n skrikbewind van diefstal, huisbraak en gewapende roof in die omgewing van Chroommyn, suid van Mokopane (voorheen Potgietersrus) gevoer. Hul plundertogte is op die spits gedryf toe hulle in sewe verskillende voorvalle op een aand op plaaswerkers toegeslaan het en hulle van selfone, en hul maandelikse lone beroof het.

Die eerste werker is om 14h00 die middag by ’n ou mynkompong deur twee mans met vuurwapens aangehou en beroof. Die plaaslike buurtwag, die Rooikat Plaaswag, en die polisie het dadelik die hulp van die Spoorsnyers – 'n groep hoogs opgeleide polisiereserviste – ingeroep om die aanvallers agterna te sit. Twee is later die dag in hegtenis geneem, maar later daardie aand het rowers weer toegeslaan op die werkers van mnr. Wessie van der Westhuizen, nie ver van die toneel van die eerste aanval nie. Weer eens is geld en selfone gebuit en drie van die werkers is in dié voorval gewond. Twee is lig beseer en een is in ’n hospitaal opgeneem.

Minder as twee ure later het die rowers wéér toegeslaan op die werkers van mnr. Willem en mev. Adri Barnard van Wilbar Brahmane. Hulle het die werkershuise se deure oopgeskop en een vrou is etlike male met 'n mes gesteek. Werkers se huise is geplunder vir selfone, kontant en enige ander waardevolle items.

Die Spoorsnyers het die booswigte se spore gevolg tot by 'n stormwatersloot onderdeur 'n pad waar hulle op vyf selfone afgekom het. Die rowers het vermoedelik daar gewag totdat iemand hulle kom oplaai het.

Sedert die begin van die plundertog is reeds 10 verdagtes in hegtenis geneem, maar nie voordat duisende rande se kragkabels, geld, selfone, pompe en gereedskap gesteel het nie.

Mokopane se polisiewoordvoerder, konstabel Irene Masingi, het bevestig dat al die verdagtes wat in hegtenis geneem is, Zimbabwiers is. Hulle het reeds in Mookgophong in die hof verskyn.

'n Lid van die Spoorsnyers, mnr. Vossie Vosloo, het sy kommer uitgespreek dat die roof van plaaswerkers 'n nuwe neiging is wat kop uitsteek. "Hulle is die mees weerlose lede van die landbougemeenskap. Hulle besit nie vuurwapens nie en hulle het nie kluise om hul geld en waardevolle items in toe te sluit nie. Hulle is op hul werkgewers aangewese vir beskerming," het hy gesê.

Vosloo meen ook daar vind baie meer sulke aanvalle plaas as wat aangemeld word omdat plaaswerkers bang is die rowers kom terug en maak hulle dood. Hy wys daarop dat rowers op betaaldae toeslaan.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.92
-0.8%
Rand - Pond
20.03
+0.5%
Rand - Euro
17.58
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.50
+0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,712.14
-0.3%
Silwer
20.59
-0.3%
Palladium
2,275.31
+0.8%
Platinum
926.89
+0.5%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Op soek na my "one and only"
Ek is Afrikaans maar gaan die volgende in Engels skryf. Hi. I'm Johan. I'm successful, love my job and content with life. Love music, food and love the beach. and my...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot