AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Rowwe rit lê ook vir landbou voor

Die koers wat die landboubeleid inslaan, beteken ’n uitdagende tyd lê voor vir die land se kommersiële boere, waarsku kenners.

Werk solank aan ’n plan B en maak seker jou sitplekgordel is vasgegespe, want die volgende paar jaar gaan ekonomies en polities rof wees.

Die boodskap kom van dr. Frans Cronjé, uitvoerende hoof van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR).

Met pres. Jacob Zuma wat ’n Kabinet aangestel het waar baie van die Ministers in die ekonomies verwante portefeuljes vyandig is teenoor die konsep van eiendomsreg, ekonomiese groei gelei deur belegging en belegging van die private sektor, dui dit aan dat die land ’n klipperige pad betree het.

“Dit geld veral vir die huidige landbouminister. Maar nie net hy nie, maar ook die baan waarop landboubeleid is, beteken dit dat die land se kommersiële boere 'n rowwe paar jaar voor hulle gaan hê. Met die keuse van die Kabinet kon ons nie ’n beter klipperige scenario gekies het nie. Ons het vir Tina Joemat-Pettersson as Minister van Energie, dit ná haar vertoning in die landbou.”

Van die regmerkies wat Cronjé in sy boek, A time traveller's guide to our next ten years lys vir so ’n scenario, is die ANC wat sy hervormingsgesinde leiers isoleer en selfs van die party wegjaag; sy weiering om die ekonomie te hervorm, dat hy die radikale beleidsperspektiewe van die EFF en soortgelyke ekstremistiese groepe eggo en later sy gewig agter hierdie jong radikale gooi; die SAKP en Cosatu-leiers kry groter vastrapplek in die ANC en begin om sy meganismes van beleidmaking te domineer; die staat se voorstel van wetgewing waar op private eiendom beslag gelê kan word, die begrotingstekort bly beduidend hoër as die ekonomiese groeikoers, sekere hoëprofiel-maatskappye onttrek hulle van Suid-Afrika en graderingsagentskappe gradeer die land afwaarts as ’n beleggingsbestemming.

Twee van die wêreld se grootste kredietgraderingsagentskappe, Standard & Poor’s en Fitch, het hulle ekonomiese verwagtinge vir Suid-Afrika afwaarts aangepas.

“As jy ’n paar weke gelede met ons gepraat het, dan sou ons nog baie ywerig oor die idee van hervorming gewees het, want dit het so logies gelyk dat ’n Regering onder groot maatskaplike en politieke druk hervorming sal nastreef. Die meer realistiese skatting nou is dat as jy na die keuse van die Kabinet kyk, die beleidsrigting, dan is dit nie ’n Regering wat glo dat hervorming hoog op sy politieke agenda is nie.

“Dit sal lae vlakke van belegging meebring, wat groei sal strem en minder werk sal geskep word. Die tekort aan hervorming sal noukeurig deur graderingsagentskappe dopgehou word," het hy gesê.

Hy het gesê as die middelklas hulle goed voorberei vir die pad wat voorlê, sal hulle die rowwe rit oorleef. Sake-ondernemings moet hul aandag op die res van Afrika begin fokus, wat deesdae baie goed daaruit sien. “Ek dink nie die middel- en die besigheidsklas sal uitgewis word nie. Dit is die arm man wat in ’n sinkhok op die duin woon wat die volgende vyf tot tien jaar baie swaar sal trek,” het Cronjé gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.68
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot