AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

RPO kap minister oor invoer van vee

Die RPO sê nét een instansie se mening is in ag geneem met die opheffing van die regulasies vir invoere van vee uit Namibië, Lesotho, Swaziland.

Die RPO is ongelukkig oor die feit dat net een rolspeler, naamlik die Voerkraalvereniging, se insette in die gesprek met die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye geakkommodeer is, terwyl die res van die rolspelers in die bedryf geïgnoreer is.

Die nasionale RPO sê in ’n nuusverklaring hy het met misnoeë kennis geneem van ‘n aankondiging van die Direkteur-Generaal van Landbou, Bosbou en Visserye dat die huidige invoerregulasies vir die invoer van vee uit Namibië, Lesotho, Swaziland en Botswana van 26 Augustus 2014 opgehef word. Die vorige invoermaatreëls is nou van krag.

“Dit plaas die gesondheidstatus van Suid-Afrika se nasionale kudde in groot gevaar,” sê mnr. Lardus van Zyl, nasionale voorsitter van die RPO.

Die Direkteur-Generaal van Landbou, Bosbou en Visserye het besluit om dié stap te neem nadat die SA Voerkraalverening (SAVA) beswaar gemaak het teen die hersiene invoerregulasies van 20 April 2014.

Volgens 'n brief deur mnr. Dave Ford van die SA Voerkraalvereniging, het die Minister op dié stap besluit omdat daar nie genoeg inklusiewe konsultasie oor die saak was nie. Die nasionale RPO gaan die minister egter vra om die maatreëls van 20 April 2014 in plek te hou totdat die inklusiewe konsultasieproses afgehandel is.

Volgens Van Zyl is die RPO egter van mening dat daar wel voldoende konsultasie oor die nuwe invoermaatreëls was. “Die saak is op verskeie vergaderings en kongresse bespreek en daar was oorweldigende konsensus en goedkeuring vir die invoermaatreëls van 20 April 2014.  Dit sluit in kongresse van die nasionale RPO, die nasionale NWKV en die Rooivleis Abattoirvereniging.

“Dit is ook tydens vergaderings van die nasionale Dieregesondheidsforum bespreek, asook by verskeie vergaderings wat gehou is om standaard operasionele prosedures vir voerkrale en direkte slagtings te finaliseer, en tydens ’n vergadering tussen Suid-Afrika se Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en die Namibiese departement van landbou, asook tydens ’n vergadering wat gefasiliteer was deur ’n kundige van die OIE, die Internasionale Organisasie vir Dieregesondheid.”

Die RPO is veral bekommerd omdat die invoermaatreëls wat nou van krag is, uit lyn is met die voorskrifte van die OIE. Laasgenoemde besoek Suid-Afrika later vanjaar vir ’n opvolg-ondersoek van die land se veterinêre dienste. Dit bots ook reëlreg met die wetlike voorskrifte vir die invoer van lewendehawe soos vervat in die Dieregesondheidswet en die Veeverbeteringswet en bepaal verskeie vereistes vir die invoere van lewendehawe wat nie nou nagekom word nie. Die Dieregesondheidswet skryf ook ’n kwarantyn-tydperk voor vir lewende hawe wat na Suid-Afrika ingevoer word, asook dat daar vir alle beheerde siektes en aanmeldbare siektes getoets moet word alvorens lewendehawe die land ingevoer word.

Die RPO is ook uiters bekommerd oor die risiko wat Suid-Afrika loop dat longsiekte en PPR die land van Namibië af sal inkom. Suid-Afrika het nog nooit longsiekte gehad nie en is deur die OIE vry verklaar van PPR. Ongelukkig kan dieselfde nie van Namibië gesê word nie. Daar is tans ook ‘n ernstige uitbreking van hondsdolheid in Namibië, wat nie net Suid-Afrika se vee bedreig nie, maar ook ’n risiko vir mense inhou.

“Die RPO is ongelukkig oor die feit dat net een rolspeler, naamlik die Voerkraalvereniging, se insette in die gesprek met die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye geakkommodeer is, terwyl die res van die rolspelers in die bedryf geïgnoreer is. Met die herroeping van die ou invoermaatreëls word ‘n klein minderheid bevoordeel en die res van die bedryf onder risiko geplaas.”

Die RPO het die Direkteur van Dieregesondheid bedank vir die rol wat sy tot dusver gespeel het om die rooivleisbedryf se belange te beskerm. Die RPO bied sy volle samewerking aan om die konsultasieproses so gou as moontlik af te handel.

Die RPO is in die proses om ’n regsopinie oor die huidige situasie in te win en behou hom die reg voor om verder regsaksies saam met ander rolspelers te loods.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
-0.8%
Rand - Pond
20.20
+0.1%
Rand - Euro
17.63
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.49
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,711.43
-0.9%
Silwer
20.44
-3.0%
Palladium
2,309.00
-0.6%
Platinum
923.50
-1.1%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,350
-0.8%
Alle aandele
65,757
-0.8%
Hulpbronne 10
63,643
-1.4%
Industriële 25
79,698
-0.5%
Finansiële 15
13,957
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot