
Rusland het beperkinge geplaas op die invoer van diervet en ander -byprodukte vanuit die Europese Unie (EU). Hierdie stap volg na die instel van Rusland se breedvoerige invoerverbod op talle produkte soos groente en vrugte uit die EU. Dit het ’n baie ernstige uitwerking op EU-beesboere en volgens die Europese Kommissie sal die verbod die beessektor €50 miljoen, of sowat R700 miljoen, per jaar kos.
Ierland se beesboere is die swaarste getref aangesien hulle 18% van hul produksie na Rusland uitgevoer het. Frankryk, Duitsland, Litaue en Oostenryk word ook erg geraak.
Die invoerverbod is in Augustus vanjaar ingestel en dek lande wat sanksies teen Rusland ingestel het.
Lees meer:
Russe verbied invoer van sekere lande
Groente- en vrugteboere in die EU loop ook erg deur en daar is vroeër vanjaar ‘n helpende hand na hulle uitgesteek.
Lees meer:
Nog hulp vir EU boere in Russiese verbod
Bron: