AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

SA beestelers het wat Yanks verloor het

In Amerika is te min genetiese verskil tussen beesrasse oor om die voordeel van basterkrag behoorlik te kan benut, sê ? kenner.

Suid-Afrikaners behoort jaloers te waak oor die genetiese diversiteit binne hul beesrasse, want dit is iets wat Amerikaanse telers verloor het, sê prof. Darrh Bullock van die Universiteit van Kentucky in Amerika.

Groter is nie altyd beter nie, en meer melk ook nie, het Bullock, hoofspreker op SA Stamboek en Voermol se jaarlikse Elite-teeltsimposium in Bloemfontein gesê.

Hy is bekommerd dat Amerikaanse beestelers hopeloos te ver gegaan het in teel vir veral meer melk, en ook vir grootte.

Daar is deesdae te min genetiese verskil tussen hul beesrasse om die voordeel van basterkrag behoorlik te kan benut, sê hy.

‘Leer uit VSA se foute’

Die soort diere wat besonder groot is, baie melk produseer, en daar deur stoettelers nagejaag word, kry nie op die gemiddelde kommersiële plaas noodwendig genoeg voeding om optimaal en kostedoeltreffend te produseer nie.

“Leer uit die Amerikaanse foute. Al ons rasse is vir té hoë groei en té veel melk opgeteel,” waarsku Bullock.

Hy prys Suid-Afrikaanse telers vir die behoud van maternale lyne met meer “middelmatige diere” (in terme van melk en groei), wat nie soveel voer nodig het om optimaal te reproduseer nie.

Op ’n vraag oor of koeie te groot en te duur word om te onderhou, antwoord hy: “Absoluut. Die suiwelbedryf het bewys dat ons melk so ver kan stoot as wat ons wil, maar genoeg voer moet dan geproduseer word, en dit saai dikwels verwoesting aan die reproduktiewe kant.”

'VSA druk groote en melk te ver’

Anders as suiwelboere, is kommersiële rooivleisprodusente meestal nie in die posisie om hierdie te bestuur nie, sê hy. “Persoonlik dink ek ons druk grootte en melk te ver. Ons het nie net produksiekoste hiermee verhoog nie, maar onderhoudskoste het daarmee saam verhoog.”

Bullock verwys na veral die Swart Angus in Amerika as ’n voorbeeld wat hierdie grense óf te ver verskuif het, óf dit nie verder behoort te skuif nie.

“Ons in die Amerikaanse beesvleisbedryf het nie meer die soort komplementariteit (vir basterkrag) wat ek uit kruisings tussen maternale en paternale rasse sou wou kry nie. Al ons rasse is net te veel dieselfde. Benut dit as julle dit steeds hier het. Ons het die grense klaar te ver geskuif.

“Die belangrikste boodskap wat ek aan telers verkondig, is om op te hou teel vir melk, maar eerder vir optimale produktiwiteit. Die koeie wat meer melk, verg meer. Dit is nie altyd ekonomies nie.

“Moenie dieselfde foute maak as wat ons gemaak het nie. Julle het steeds dieselfde middelmatige moederlyne wat ons klaar verloor het.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot