AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9689,6
63,60
CORN
03 Feb
-
4540
-60,00
SOYA
03 Feb
-
9300
-30,00
SUNS
03 Feb
-
11091
-270,00
WEAT
03 Feb
-
6695
-33,00
WMAZ
03 Feb
-
4317
-12,00
YMAZ
03 Feb
-
4380
-41,00

SA boer vas vir terrorisme?

‘n Suid-Afrikaanse boer word aangekla van terrorisme nadat hy Brittanje gedreig het met ‘n besmetting van bek-en-klouseer.

‘n Suid-Afrikaanse boer, mnr. Brian Patrick Roach (64), is Saterdag (11 Februarie) in hegtenis geneem en staar klagte van terrorisme en bedrog in die gesig.

Hy het vlugtig in die Wynbergse magistraatshof noord van Johannesburg verskyn, luidens ‘n berig van Bloomberg.


Roach het volgens die aanklagdokumente teen hom in sedert Junie verlede jaar dreigende briewe en e-posse gestuur aan die Britse departement van omgewingsake, voedsel en landelike sake waarin hy sowat R29 miljoen in Krugerrande eis en dreig om die Britse vleisbedryf te kelder deur ‘n besmetting van bek-en-klouseer.


Die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Londense metropolitaanse polisie se teenterreur-afdeling en die Amerikaanse Federale Buro vir Ondersoeke (FBI) het saamgewerk en het bewyse dat Roach nooit die vermoë gehad om sy dreigemente deur te voer nie.


Hy is tans in aanhouding by die Bramley-polisiestasie in Johannesburg en volgens mnr. Mthunzi Mhaga, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, sal hy op 18 Februarie om borgtog aansoek doen, wat die staat sal teenstaan.


Roach sê hy het die dreigemente gemaak omdat hy wit boere wat van hul grond verdryf is in Zimbabwe wil help, luidens ‘n berig op TimesLive.


Lees meer oor die saak op The Daily Maverick. Hier is ook ‘n videogreep te sien.


15 Februarie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.14
-0.3%
Rand - Pond
20.97
-0.3%
Rand - Euro
18.71
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
1,025.99
+0.1%
Palladium
1,697.04
+1.6%
Goud
1,914.99
+0.1%
Silwer
23.50
+0.1%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,799
+0.2%
Alle aandele
79,957
+0.2%
Hulpbronne 10
74,747
+0.1%
Industriële 25
102,952
+0.3%
Finansiële 15
16,593
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hardwerkende man wat hou van die natuur en besig wees.
Ek is n pappa van 4 kinders (2 seuns en 2 dogters). Hou baie van die buite lewe en geniet dit baie om te dans. n Aand uit is net so nodig soos n Sondag middag op die bank. Vat...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot