AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

SA boere beïndruk in Kongo

Suid-Afrikaanse boere in die Kongo het binne ’n kort tydjie ’n indruk op dié land se president gemaak, aldus dr. Pieter Mulder.

Suid-Afrikaanse boere in die Kongo het binne ’n kort tydjie ’n indruk op dié land se president gemaak, aldus dr. Pieter Mulder, Adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye.

Luidens ’n mediaverklaring het Mulder die Kongo verlede week besoek, waar mnre. Denis Sassou Nguesso, Kongolese president, en Rigobert Maboundou, minister van landbou in die Kongo, groot lof vir die boere gehad het.


Beïndruk

Die twee amptenare is veral beïndruk met wat die boere al in hul eerste paar maande in die land vermag het. Die boere het reeds 1 200 ha ontbos op die staatsplaas van 85 000 ha waar hulle woon. Hulle het ook waterpype en pompe herstel, wat tot gevolg het dat die plaaslike gemeenskap weer lopende water het.


Die minister het ’n video van die boere se suksesse gemaak om dit aan die president te vertoon. Verder is die projek ook tot ’n presidensiële projek verklaar. 


“Dit is met gemengde gevoelens dat ’n mens luister na die waardering wat die plaaslike politici vir die Suid-Afrikaanse boere se kundigheid en hardwerkendheid het.

"Eers wanneer leiers en die bevolking van Suid-Afrika die waarde van hierdie boere begin besef, sal ons die Suid-Afrikaanse verlies aan sulke boere en aan landboukundigheid kan omkeer,” sê Mulder.

* Mulder het dié Afrika-land besoek om Suid-Afrika by die Verenigde Nasies se Voedel en Landbou-organisasie (FAO) se Afrika-kongres in Brazzaville te verteenwoordig. Hy was een van die sprekers by die geleentheid en het sodoende met die president en minister gesels. Volgens Mulder was die algemene boodskap wat uit die kongres gevolg het dat Afrika-lande al meer vir hulself en mekaar moet begin sorg in plaas daarvan om bakhand voor ontwikkelde lande te staan.

Verder het leiers ook gepraat oor die moontlikheid om ‘n trustfonds te stig waartoe alle Afrikalande kan bydra. Dié fonds kan dan gebruik word om lande in nood by te staan. Dit kan dan ook as ‘n basis die nom makliker hulp van groot lande te vra.


2 Mei 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.0%
Rand - Euro
19.34
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot