AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

SA dalk opsy geskuif weens stakings

Die stakings op Wes-Kaapse vrugteplase gaan ’n groot ekonomiese impak op boere, die bedryf en die land as geheel hê.

Die steenvrugbedryf alleen kan ’n skokkende R114 miljoen skade in net twee weke ly. Tussen 25 ha en 30 ha wingerd van die Cape Orchard Company in die Hexvallei is in die afgelope paar dae deur oproeriges afgebrand. Die skade beloop R1,5 miljoen/ha oor die volgende vyf jaar.

Dit sluit onder meer die koste in vir die hervestiging van verwoeste wingerd, asook oesverliese, sê mnr. Gerhard de Kock, voorsitter van die maatskappy. Dan moet miljoene rande ook bygetel word vir veiligheidsmaatreëls wat boere moes instel vir die beskerming van hul eiendom en lewe. Dit sluit in helikopters wat deurentyd die vallei patrolleer, asook maatskappye wat met honde patrolleer.

“Die woede en haat van die oproeriges is barbaars. Plaaseienaars vorm groepies ter beskerming van hul veiligheid en eiendom,” sê me. Elza Jordaan van die Hexvallei-tafeldruifasossiasie. Die grootste ekonomiese impak sal later wys, moontlik deur sanksies teen plaaslike boere deur markte, meen Jordaan.

Steenvrugte word tans geoes. In die lig van die beraamde waarde van die afgelope twee weke se uitvoervolumes kan die staking die steenvrugbedryf sowat R114 miljoen kos as geen vrugte uitgevoer word nie. Die stakings benadeel ook oesvoorbereidings in die kern- en steenvrugtebedryf, wat verdere finansiële verliese kan veroorsaak, sê me. Mariette Kotze, inligtingsbestuurder vir landbou-ekonomie by Hortgro Dienste in die Paarl.

Die verlies aan inkomste vir plaaswerkers beïnvloed die totale landelike ekonomie en word reeds op R28 miljoen per week geraam. Daar is kommer dat Suid-Afrika se beeld as ’n stabiele verskaffer van vrugte aan buitelandse markte reuse-skade kan ly. “Die staking ondermyn alle pogings wat die bedryf doen om uitvoermarkte te ontwikkel en Suid- Afrika as ’n voorkeurverskaffer te posisioneer,” meen Kotze.

Weens die onlangse hawestakings, die padvervoerstaking en nou die plaaswerkerstaking sal die land moontlik “opsy geskuif” en nie meer as ’n stabiele verskaffer gesien word nie. Prof. Johan Willemse, ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, sê die vrugtebedryf is grootliks ’n uitvoerbedryf en pryse vir die produkte word op die markte bepaal.

As onderbrekings voorkom en die Suid-Afrikaanse vrugtebedryf kan nie deurlopend aan markte lewer nie, gaan die aankopers daar hul vrugte op ’n ander plek begin koop. Só raak daardie markte vir die plaaslike bedryf verlore. Die sagtevrugtebedryf is een van die grootste verdieners van buitelandse inkomste in die landbou – die syfer van R12 miljard per jaar word genoem – en die stakings kan tot permanente verliese lei.

Die slegte nuus is dat almal in die voorsieningsketting skade gaan ly. As werkers drie weke lank nie geld verdien nie, is hulle permanent drie weke agter en dus armer. Suid-Afrika het ’n tekort op sy lopende rekening van sowat R120 miljard net vir vanjaar deurdat meer geld vir invoer betaal word as wat deur uitvoer verdien word. Met dié stakings kan verwag word dat die tekort op die lopende rekening verder gaan vergroot.

Meer buitelandse beleggings is die enigste manier om dit teen te werk, maar weens die stakings bly baie vertroue deur buitelandse beleggers nou in die slag – iets wat moeilik omgekeer gaan word. Nóg minder buitelandse beleggings gaan die rand verder laat verswak.

Die land se kredietgradering gaan ook nadelig geraak word. Die Suid-Afrikaanse ekonomie is afhanklik van buitelandse kapitaal, en alle instansies wat buitelandse geld nodig het vir uitbreiding – soos Eskom – gaan meer daarvoor moet opdok in die vorm van rente. Alles gaan duurder word. “Dit alles het ’n enorme nadelige rimpeleffek deur die Suid-Afrikaanse ekonomie,” waarsku Willemse.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
-0.8%
Rand - Pond
20.13
+0.5%
Rand - Euro
17.57
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,715.78
-0.6%
Silwer
20.66
-1.9%
Palladium
2,260.50
-2.7%
Platinum
921.00
-1.3%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir lekker lag
Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
The Real Deal
Well travelled, well spoken and the rest will be well known to you😉 How about a whole new approach to love? Soft spoken with a heart of gold. I'm a breath of...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot