AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

SA donkies gesteel vir China!

Die Veediefstalvoorkomingsforum het ’n algemene waarskuwing aan sy lede gerig om op te let na die diefstal van donkies.

Mnr. Willie Clack, voorsitter van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum, sê; “Dit het onder ons aandag gekom dat daar verskriklik baie donkies op die huidige staduim gesteel word. Die redes is bekend maar gaan ons dit nie hier vermeld nie. Maak egter seker jy pas donkies op.”

Dié diefstal kom tans hoofsaaklik in die Noordwes-­provinsie, Noord­-Kaap en Gauteng voor. Die forum het nog nie die omvang van probleem bepaal nie. “Ons ondervind egter ’n toename in die aanmelding van dié soort veediefstal. Diewe kom dikwels met vragte vol donkies weg, en nie net enkele diere nie”, sê hy.

Hy het ’n beroep gedoen dat donkies wat vervoer word, by die Polisie aangemeld word. “Daar is verskeie ondersoeke op die tydstip aan die gang.” Landbouweekblad verneem dat die donkies hoofsaaklik vir hul velle gesteel word, waarvoor daar ’n vraag in China bestaan.

Donkievelle verhandel tans teen sowat R2 000 elk. Dit is nog onduidelik waarvoor dit in China aangewend word en waarom die vraag na spesifiek donkievelle is. Voorts skryf Clack die toename in veediefstal toe aan die ekonomiese knyp wat verbruikers landwyd ondervind. “Ons potslagtings neem toe, net soos in die geval van georganiseerde veediefstal. Ek weet nie hoe ons dit gaan bekamp sonder die samewerking van ons veeboere nie,” sê hy.

Hy het ’n beroep op eienaars gedoen om die veebrandmerk­voorskrifte, of tattoeër­merke in die geval van skape, streng na te kom. “Veeboere moet ook hulle diere gereeld tel. In brandpuntgebiede moet boere hul vee selfs daagliks nagaan om veediefstal so vining as moontlik aan te meld.”

Volgens Clack is Gauteng die provinsie met die hoogste voorkoms van veediefstal per kapita vee, waar sowat 6% per 100 000 beeste gesteel word. “Die voorkoms van veediefstal in die ander provinsies is nie so hoog nie, maar wat die getal gesteelde vee betref, word die meeste beeste in Kwazulu­-Natal gesteel en die meeste skape in die Oos-­Kaap.”

Hy het die Wes-­Kaap uitgesonder as die provinsie waar die minste probleme met veediefstal ondervind word. Volgens hom word sowat 247 skape, 197 beeste en 95 bokke daagliks gesteel. “In die Wes-­Kaap word slegs gemiddeld 213 beeste jaarliks gebuit. Dit wys vir jou wat die res van die land daagliks aan veediefstal afstaan verloor die Wes-­Kaap per jaar,” sê Clack.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot