AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

SA is reg vir regulasies oor valskodlingmot

Suid-Afrikaanse sitruskwekers is voorbereid op beoogde wetgewing van die Europese Unie (EU) om die bestuur van die valskodlingmot vanaf 2018 te reguleer.

Al is die valskodlingmot nog nie ’n kwarantynplaag in Europa nie, is Suid-Afrikaanse sitruskwekers voorbereid op beoogde wetgewing van die Europese Unie (EU) om die bestuur van hierdie insek vanaf 2018 te reguleer.

Mnr. Deon Joubert, spesiale gesant vir marktoegang en EUsake by die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging, sê die vereniging, die Sitrusnavorsingsinstituut, die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en die personeel van verskeie Suid-Afrikaanse ambassades in Europa het nou met die EU saamgewerk om ’n werkbare voorstel vir die bestuur van valskodlingmot daar te stel.

Die teks in die voorstel wat aan die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) voorgelê is, verwys byvoorbeeld na “koue behandeling of enige ander doeltreffende maatreël” vir die bekamping van dié insek in sitrusbesendings. Joubert verwag dat hierdie voorstel se teks as wetgewing aanvaar sal word wanneer die WHO se kennisgewingsproses in dié verband op 13 April eindig.

Inspeksies

Die regulasies sal egter nie op Suid-Afrika se 2017-sitrusbesendings na Europa van toepassing wees nie en Joubert doen ’n beroep op boere om hulle nie te steur aan gerugte oor verpligte koue behandeling vir vanjaar se oes nie. Hy wys daarop dat EU-lidlande wel kan besluit om besendings wat besmet is, weg te wys.

“Dit is dus belangrik om vanjaar te gebruik om maatreëls in te stel en ons vermoë te toets ten einde waarnemings van lewende valskodlingmot tydens EUgrensinspeksies tot die minimum te beperk.”

Joubert sê Suid-Afrikaanse sitruskwekers is gereed om nuwe vereistes rakende valskodlingmot die hoof te bied. Die Sitrusnavorsingsinstituut het lankal wetenskaplike, doeltreffende bestuurstelsels ontwikkel met die verwagting van só ’n stap deur die EU.

’n Valskodlingmotwerkgroep sal eersdaags gestig word om die instituut se bestuurstelsels te help verfyn. Daar is ook reeds protokolle ontwikkel vir die verskillende bestuurstelsels vir die mot wat die verskillende produksiestreke van Suid-Afrika sal vereis.

Joubert en lede van kwekersvereniging sal in die komende weke met Europese belanghebbendes vergader om duidelikheid te kry oor die huidige programme en stelsels en hul vereistes sodat Suid-Afrika se sitruskwekers kan aanhou om Europa van veilige, goeie sitrus te voorsien.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.0%
Rand - Euro
19.34
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot