AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

'SA kan landbou uit lae pryssiklus eet!'

Met meer besteebare inkomste en verbeterde lewensomstandighede het SA genoeg monde om die landbou uit ’n lae pryssiklus te eet, sê dr. Kobus Laubscher.

Die heropbou van die landbou in die ná-droogte fase sal baat vind by die nasleep van die munisipale verkiesing van 2016 as veranderde dienslewering op voetsoolvlak intree, soos welsyntoelaes wat beter bestuur gaan word. Dit sal die vraag na landbouprodukte stimuleer, meen dr. Kobus Laubscher, landbou-ekonoom. Lees sy siening hieronder:

’n Bekende politieke kommentator, prof. André Duvenhage lig drie belangrike pilare van demokrasie uit, naamlik verteenwoordiging, verantwoordelikheid en mandaat. Die pas afgelope plaaslike verkiesing in Suid-Afrika gee gevolg aan veranderde verteenwoordiging waaroor verantwoording gedoen sal moet word met ’n duidelike mandaat.

Strukturele skokke wat die gang van sake verander, word kragtens ekonomiese neigings eers met verloop van tyd sigbaar. Soos die ergste droogte in menseheugenis ’n onbestuurbare eksterne skok was waarvan die gevolge oortyd uitgeboer sal moet word, kry die afloop van die verkiesing nuwe betekenis.

Honger werkloses nie meer tevrede

Meerderhede is belangrik, maar net so belangrik was die feit dat die demokrasie gewerk het. Die uitslag is ’n fundamentele skuif aan die basis van toekomstige politieke besluitneming. Honger werkloses was nie meer tevrede met swak en afwesige dienslewering nie en die spreekwoord van beloftes maak skuld, het gestalte gevind.

Trouens, die politieke kredietwaardigheid van partye het dermate uitgelek dat nuwe leiers die mandaat gekry het om ander insetfinansiering te kry om die boerdery te herbou op grondvlak, in analogie van die ná-droogte heropbou waarna BFAP in sy 2016 Baseline-verslag verwys.

Die kiesers het “gepraat” en of die regerende party daarvan hou of nie, die verskil gaan kom by veranderde dienslewering op voetsoolvlak. Nasionale begrotingsinsentiewe sal verander, net soos die droogte die nasionale regering in ’n drukgang het om bestedingsvoorkeure dringend te hersien en vinniger implementering af te dwing.

Politieke grondverskuiwing

BFAP se 2016 Baseline bly uit die weer wat voorspellings aanbetref, maar vanweë die span se bewese prestasies as betroubare takseerders van die werklikheid en gepaardgaande logiese afleidings van wat moontlik is, kan die onlangse politieke grondverskuiwing nuut gehefboom word.

BFAP berig oor verwagte verminderde inflasie druk wat kospryse aanbetref.  Hulle beklemtoon die dringendheid aan leierskap om moeilike keuses te maak en verduidelik omvattend die wetenskap van landbou politieke moontlikhede.

Die Suid-Afrikaanse landbou sal soos die res van die sub-streek hergroepeer vir ’n ná-droogte heropbou om nie net huishoudelike voedselsekerheid te herstel nie, maar om daadwerklik invoervervangend te word.

Staat moet nou verskil maak op voetsoolvlak

Hierin lê die verdere waarde van die verwerkliking van demokrasie op 3 Augustus, naamlik dat staatsbesteding nou ’n verskil moet maak op voetsoolvlak. As verminderde werkloosheid nie haalbaar is oor die korttermyn nie, kan verbeterde lewensomstandighede van miljoene op plaaslike vlak ten minste ’n nuwe impetus van hoop gee.

Die heropbou van die landbou in die ná-droogte fase sal gevolglik baat vind hierby, want hulp soos welsyntoelaes wat beter bestuur gaan word, kan die vraag na landbouprodukte stimuleer. Verlangsaamde plaaspryse was nog nooit die gevolg van ooraanbod alleen nie, maar eerder een van onder-verbruik. Met meer besteebare inkomste en verbeterde lewensomstandighede is daar genoeg monde in Suid-Afrika om die landbou uit ’n lae prys siklus te eet.

Die uitslag van die plaaslike verkiesing van 2016 se sal in die geskiedenis uitstaan as ’n eksterne skok.  Nasionale begrotings met groter klem op die aanspreek van unieke plaaslike behoeftes sal nou aan die orde kom.

Die primêre landbou is ingebed en opereer op daardie vlak en sal noodwendig baat vind hierby.

* Dr. Kobus Laubscher is 'n bekende landbou-ekonoom.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
-0.8%
Rand - Pond
20.13
+0.5%
Rand - Euro
17.57
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,715.78
-0.6%
Silwer
20.66
-1.9%
Palladium
2,260.50
-2.7%
Platinum
921.00
-1.3%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir lekker lag
Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
The Real Deal
Well travelled, well spoken and the rest will be well known to you😉 How about a whole new approach to love? Soft spoken with a heart of gold. I'm a breath of...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot