AFGRI
BEAN
07 Feb
-
9885
16,00
CORN
07 Feb
-
4639
28,00
SOYA
07 Feb
-
8750
-38,00
SUNS
07 Feb
-
10130
-10,00
WEAT
07 Feb
-
6814
47,00
WMAZ
07 Feb
-
4289
-22,00
YMAZ
07 Feb
-
4425
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

SA landbou kan vanjaar weer groei

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Stewige rentekoersverlagings en ’n goeie vooruitsig vir vanjaar se mielieoes kan verbruikers én boere se finansiële druk verminder. Foto: Vida Booysen
Stewige rentekoersverlagings en ’n goeie vooruitsig vir vanjaar se mielieoes kan verbruikers én boere se finansiële druk verminder. Foto: Vida Booysen
Suid-Afrika se landbousektor sal waarskynlik vanjaar die derde opeenvolgende jaar groei.

Suid-Afrika se landbousektor sal waarskynlik vanjaar die derde opeenvolgende jaar groei, al is daar kommer oor hoë produksiekoste, sê die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP).

BFAP skryf die gunstige groeivooruitsig toe aan kommoditeitspryse wat skerp gestyg het weens ongunstige weersomstandighede in veral Suid-Amerika en kommer oor uitvoer vanuit Rusland  en Oekraïne weens die oorlog daar. In ’n  verslag oor die landbou se bruto binnelandse produk (BBP) die afgelope drie jaar, sê BFAP as internasionale pryse op die huidige hoë vlakke bly en insetmiddele geredelik beskikbaar is, al is dit teen ’n  hoër koste, behoort Suid-Afrika se reële BBP vir die landbou verder te groei.

Internasionale faktore, soos meer gunstige weersomstandighede in die Noordelike Halfrond en vrede in die Swartsee-gebied, kan egter die situasie vinnig verander en pryse later in die jaar laat daal. Vir verbruikers is daar egter slegter nuus. Hoë pryse tesame met hoë energie- en vervaardigingskoste veroorsaak dat voedselinflasie sal bly styg, al verwag Suid-Afrika ’n  groot oes van somergewasse.

BFAP sê Rusland en Oekraïne is groot uitvoerders van koring, mielies en sonneblomprodukte. Kommer oor uitvoer het reeds pryse skerp laat styg en die uitkoms van die konflik sal bepaal hoeveel die pryse verder sal styg.

Boere in Oekraïne moet in Maart en April begin koring plant, maar dit lyk onwaarskynlik. Rusland lewer sowat 15% van die wêreld se koringuitvoer en is ’n  groot verskaffer van kunsmis in die wêreldmark.

Landbou, bosbou en visserye was Suid-Afrika se snelgroeiendste sektor in 2020 en 2021. Dit was een van net vier sektore wat wel ekonomies gegroei het.

’n  Goeie vertoning van die tuinbousektor wat in die laaste kwartaal van 2021 met 11% in bruto produksiewaarde gegroei het, ondanks logistieke probleme, het BBP-groei van 12,2% vir die kwartaal beteken. Dit het die jaar se groeisyfer vir die landbousektorsektor se BBP tot 8,3% opgestoot, amper dubbel soveel as die groei in die nasionale ekonomie. Groei van 6% in die bruto produksiewaarde van diereprodukte het die tweede grootste bydrae gelewer, terwyl gesaaides se groei in die laaste kwartaal die kleinste bydrae van 2% gelewer het.

Die wynbedryf het ’n  belangrike bydrae gelewer tot die groei in die tuinbousektor. Ná die beperkinge van 2020 het uitvoer met 46% op ’n jaargrondslag vir grootmaatvoorraad en 7% vir verpakte voorraad gestyg. Die styging in die uitvoerwaarde was op ’n jaargrondslag onderskeidelik 7% en 9%. As net die laaste kwartale van die twee jare in ag geneem word, was grootmaatuitvoer 80% hoër en die waarde daarvan het met 67% toegeneem.

BFAP sê wat die groei in die landbou nog indrukwekkender maak, is dat dit in 2020 ook met 13,4% gegroei het, wat dit die sektor maak wat die beste presteer het sedert die begin van die covid-19-pandemie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.58
+0.4%
Rand - Pond
21.18
+0.3%
Rand - Euro
18.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.21
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Platinum
972.03
-0.2%
Palladium
1,648.06
+3.1%
Goud
1,869.04
+0.1%
Silwer
22.13
-0.6%
Brent-ruolie
80.99
+1.3%
Top-40
73,434
-0.1%
Alle aandele
79,534
-0.1%
Hulpbronne 10
74,594
+0.7%
Industriële 25
102,656
-0.5%
Finansiële 15
16,333
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en soekend
Ek is lewenslustig en vriendelik hulpvaardig hou van die buite lewe kamp bosveld see en sport is n goeie luisteraar
Plat op aarde boeremeisie opsoek na liefde
Ek het 'n hart van goud, mal oor diere, het' n liefde vir kinders, hou van kosmaak, bak, visvang, naweke weg ens.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot