AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

SA moet ook rof speel: ‘Stort in die EU’

“Waarom gaan stort ons nie hoendervleis in die EU nie? Ons moet hoendervleis stort totdat hulle huil,” is in die Parlement voorgestel.

Indien Suid-Afrika ’n goed gebalanseerde reguleringsregime het, hoef hy nie hoender in te voer nie, het mnr, Kevin Lovell, hoof van die SA Pluimveevereniging, gesê.

Die plaaslike hoenderbedryf beleef ’n krisis – hoofsaaklik weens die invoer van hoender uit die Europese Unie.

Lovell, wat om hulp vir die bedryf by die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye gepleit het, het uitgewys dat Suid-Afrika 1 069 direkte en indirekte werke verloor vir elke 10 000 ton hoendervleis wat hy minder produseer. Indien die land nie hoender invoer nie, kan 50 000 werke geskep word.

Hy het gesê die oorlewing van die bedryf, die land se voedselsekuriteit, die landelike ekonomie en 130 000 werkers en hulle gesinne, is nou grootliks in die hand van die Regering. “As die Regering ons help om te oorleef, kan ons groei en ’n aansienlike bydrae tot die land se toekoms maak.”

(Lees ook: Moenie ons werkgeleenthede uitvoer)

Werkverliese het reeds begin:

* Rainbow Chickens, wat opgeneem is in die voedselgroep RCL Foods, het in Januarie 1 350 werkers, insluitend bestuurders, afgelê.

* Country Bird gaan sy abattoir in Mahikeng sluit met die verlies van 939 direkte en 1 605 indirekte werke.

* Mike’s Chickens, ’n bemagtigingsplaas, is reeds onder sakeredding.

* Daybreak, die eerste beduidende produsent in swart besit, is in groot moeilikheid.

Lovell het die EU se storting van hoenderstukke aan die been beskryf. Wes-Europa veral het ’n groot voorkeur vir die wit vleis van hoender of borsvleis wat meebring dat hoender aan die been ’n “neweproduk” is waarvan ontslae geraak moet word.

Hy het gesê Europa se mark is só verwring dat hy borsvleis moet invoer. Hy verduidelik dat selfs al eet Europeërs ál die dele van die hoender, sal daar steeds ’n ooraanbod wees want hulle produseer te veel hoenders as wat hulle mense wil eet. Boonop is hulle produksiekoste hoër as die res van die wêreld. “Hulle het ’n probleem. Hulle produseer te veel en eet nie alles nie en maak dit die arm mense se probleem.”

Enige span het altyd rowwe spelers

Dit het me. Rosina Semenya, voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye, laat wonder waarom Suid-Afrika nie borsvleis in die EU stort nie. “Ons wil wêreldwye spelers wees en enige span het altyd rowwe spelers. So waarom stort ons nie terug nie. Ons moet hoenders stort tot hulle huil.”

Lovell het uitgewys dat alles nie verlore is nie en dat die bedryf gehelp kan word deurdat ’n reguleringsraamwerk daargestel word wat groei en volhoubaarheid in die plaaslike bedryf verbeter ondersteun. Dit moet ook buitensporige subsidiëring en storting van ontwikkelde lande voorkom.

Invoere moet ook gebaseer wees op die nasionale behoefte en nie die gierigheid van invoerders nie. Dit behoort met die helfte verminder word. “Ons hoef nie hoender in te voer nie. Ons kan elke hoenderdeel produseer wat Suid-Afrikaners wil eet.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.28
+1.4%
Rand - Pond
22.43
+1.0%
Rand - Euro
19.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.22
+1.2%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
981.98
+1.0%
Palladium
1,444.54
+2.7%
Goud
1,967.98
+1.4%
Silwer
22.93
+2.4%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,757
+1.4%
Alle aandele
75,243
+1.3%
Hulpbronne 10
65,777
+0.2%
Industriële 25
101,692
+1.8%
Finansiële 15
15,282
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Saam dinge aanpak !
Ek is n eerlikke opregte reguit man Hou nie van komplikasies nie Gryp die bul by die horings Hou van rondry en nuwe plekke plaaslik en oorsee besoek !! Positiewe uitkyk op lewe...
Blank
Ek is redelik jonk van gees. Hou van dans en kook. 'N sin vir humor is belangriker as 'n resiesfiets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot