AFGRI
BEAN
07 Feb
-
9885
16,00
CORN
07 Feb
-
4639
28,00
SOYA
07 Feb
-
8750
-38,00
SUNS
07 Feb
-
10130
-10,00
WEAT
07 Feb
-
6814
47,00
WMAZ
07 Feb
-
4289
-22,00
YMAZ
07 Feb
-
4425
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

SA nasie kort 'n wenplan

Suid-Afrika moet hom meer daarop toespits om as 'n nasie internasionaal mededingend te wees.

“Hoe is dit dat ons in Suid-Afrika onsself so in die verlede vasgevang kry en die konteks waarin ons sake doen, vergeet?” het dr. Herman van Schalkwyk, groepshoof van Suidwes Landbou, by Agri Noordwes se jaarkongres gevra.

Hy meen die land spits hom te veel toe op bedreigings, pleks van gesamentlike groeimoontlikhede. “Is ons 'n nasie wat wil wen? Dit is belangrik dat Suid-Afrika die nasie-konsep weer opneem en ons onsself afvra hoe ons strategiese plan lyk om te wen.”

Innovering

Doeltreffendheid word deur arbeidsonrus, arbeidswetgewing en die beleidsomgewing in die wiele gery. Ironies genoeg sal beter produktiwiteit tot hoër lone lei, omdat eenheidskoste dan laer is. Dit sal ook tot laer inflasie lei.

“Een van die faktore wat inflasie aanwakker, is wanneer jou produktiwiteit laer as ander lande s'n is.” Van Schalkwyk het gesê 'n land wat meer doeltreffend is, kan meer ontwikkel rakende gesofistikeerdheid en unieke produkte daarstel.

Suid-Afrika skenk volgens hom te veel aandag aan die prys en gehalte van sy produkte om mededingend te wees, pleks van aan innovering en vernuwing. “ 'n Mededingende voordeel is die resultaat van vinnige innovasie en verbetering, en nie van statiese voordele nie.”

Lae vlakke van belegging (weens onsekerheid oor sake soos grondhervorming en grondplafonne), regeringsbeleid, en lae besteding aan navorsing en ontwikkeling belemmer die landbou se produktiwiteit. Landbouskuld styg en die verhouding tussen kapitaalvorming en skuld neem af, wat beteken vir elke bedrag wat geleen word, word minder en minder in kapitaal op plase bestee. Dit bevestig dat belegging in die landbou afneem.

“Ons staan nou by die punt waar ons moedeloos is, maar moet ons nie anders onderhandel nie? Moet ons nie, weens die landbou se moontlikhede om werk te skep, vakbonde ons vennote maak nie? Behoort dit nie vakbonde te pla as daar oor grond gepraat word nie?”

Plaaslike vraag

Van Schalkwyk sê voorts dit is tot 'n land se voordeel indien hy veeleisende verbruikers het, want “dit laat jou beter meeding”. Dit is dus belangrik om die plaaslike mark te ontwikkel, wat insluit dat die armer deel van die bevolking meer gesofistikeerde verbruikers word.

Volgens hom is daar 'n gebrek aan innoverende binnelandse wedywering, terwyl plaaslike mededinging noodsaaklik is vir wêreldwye mededingendheid.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.61
+0.3%
Rand - Pond
21.16
+0.4%
Rand - Euro
18.84
+0.6%
Rand - Aus dollar
12.19
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.7%
Platinum
978.27
+0.5%
Palladium
1,641.26
+2.6%
Goud
1,874.84
+0.4%
Silwer
22.22
-0.2%
Brent-ruolie
80.99
+1.3%
Top-40
73,434
-0.1%
Alle aandele
79,534
-0.1%
Hulpbronne 10
74,594
+0.7%
Industriële 25
102,656
-0.5%
Finansiële 15
16,333
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Iemand ordentlik asb
Ek is lief vir die lewe. Ek hou van kuier saam vriende en famile. Soek rus en vrede sonder drama
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot