AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9510
0,00
CORN
26 Sep
-
4809
0,00
SOYA
26 Sep
-
9306
0,00
SUNS
26 Sep
-
10108
0,00
WEAT
26 Sep
-
6960
0,00
WMAZ
26 Sep
-
4790
0,00
YMAZ
26 Sep
-
4709
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

SA reg vir kommandowurms en sprinkane

Suid-Afrika is slaggereed vir moontlike kommandowurm- en sprinkaanplae.

Suid-Afrika staan reg vir enige moontlike invalle deur kommandowurm en/of sprinkane, sê die plaagbestryding-kenner dr. Gerhard Verdoorn. Hy sê hy sal verbaas wees as daar nié vanjaar uitbrekings van kommandowurm-en/of sprinkaan-plae hier voorkom nie.

Dit is egter geen rede tot paniek nie, omdat genoeg middels beskikbaar is om dit sonder omgewingskade doeltreffend te bestry. Hierby het die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye ’n bekwame en ervare span wat gereed staan om onmiddellik op te tree, sê Verdoorn.

’n Uitheemse kommandowurm-spesie, die sogenaamde herfs-kommandowurm, teister reeds boere in ons noordelike buurlande. Die eerste berigte is in Desember uit Zambië ontvang, en die plaag het sedertdien na Zimbabwe en Malawië versprei. Meer as ’n tiende van Zambië se saaigrond het al deurgeloop, en in Zimbabwe het die invallers al na sewe van die agt provinsies waar mielies verbou word, versprei, berig die nuusdiens Bloomberg.

Verdoorn sê dit is nou baie belangrik dat ons boere uiters waaksaam en op die uitkyk vir moontlike uitbrekings moet wees. “Hulle moet letterlik daagliks in die lande en in die veld kom. Plaaswerkers se aandag moet daarop gevestig word dat hulle enige wurms wat groen met gelerige of ligte roomkleur bande, moet aanmeld. Bel my dan dadelik, dat ek die Departement van Landbou se ouens kan laat weet. Moenie wag tot ’n bevolking ontplof nie,” sê Verdoorn.

Hy waarsku teen die gebruik van organofosfate as beheermiddel, omdat dit voëls wat op die wurms teer, op groot skaal sal vergiftig. “Daar is genoeg ‘sagte’ (omgewingsvriendelike) middels beskikbaar waarmee kommandowurms doeltreffend beheer kan word.” Hy maan om dieselfde rede teen die gebruik van chloor-pirifos as beheermiddel in veld. “Bel my vir raad oor geskikte produkte.”

Hy voeg by dat toestande in veral die Karoo, wat nog oor groot gebiede droog en warm is, ook baie gunstig is vir sprinkaan-uitbrekings. Sodra dit noemenswaardig suid van Bloemfontein tot in die omgewing van Graaff-Reinet begin reën, moet boere veral begin oplet vir sprinkane.

Intussen sê mnr. Wandile Sihlobo, ekonoom van die landbou-sakekamer Agbiz, die kommandowurm-uitbrekings in ons noordelike buurlande is van regstreekse belang vir ons plaaslike graanmarkte. Daar is nou ’n groter kans dat Suider-Afrika in die komende jaar opnuut ’n netto mielie-invoerder gaan wees (wat opnuut opwaartse druk op pryse sal plaas). Suid-Afrika produseer tradisioneel die meeste mielies in die streek, en Zambië die tweede meeste.

Dit word bespiegel dat die herfs-kommandowurm, wat gewoonlik in Suid-Amerika groot skade aanrig, weens klimaatverandering-wisselings in windstrome hoog in die atmosfeer op die trans-kontinentale sprong van daar na Afrika kon bewerkstellig. Dit is in 2016 die eerste keer in Wes- en Sentraal-Afrika opgemerk.

Verdoorn sê dieselfde beheermiddels behoort vir hierdie verwante spesie te geld as vir die gebruiklike kommandowurm wat in Suid-Afrika voorkom. Verdoorn kan by 082 446 8946 gebel word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
-0.2%
Rand - Pond
19.46
-0.4%
Rand - Euro
17.40
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.72
-0.2%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,646.41
+0.2%
Silwer
18.99
+0.7%
Palladium
2,084.00
+0.5%
Platinum
868.85
+1.2%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,367
+0.5%
Alle aandele
63,672
+0.4%
Hulpbronne 10
56,431
+0.2%
Industriële 25
79,494
+1.4%
Finansiële 15
14,006
-1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot