
Die land sal sy status vry van bek-en-klouseer behou wanneer die Internasionale Organisasie vir Dieregesondheid (OIE)) in Desember kom besoek aflê om te verseker dat sy aanbevelings wel ingestel is.
Só glo die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.
Suid-Afrika het in Februarie vanjaar dié status teruggekry nadat hy dit verloor het met uitbake van die dieresiekte in 2011 in Kwazulu-Natal.
Van die voorwaardes waaronder die nie-vrye status gelig is, was dat die inspeksie van beeste in die beskermde gebied verbeter word, die heining tussen die sone vry van bek-en-klouseer en die beskermde sone in Kwazulu-Natal onderhou word, dat beeste in die beskermde sone geïdentifiseer word en dat padtekens tussen die vrye- en beskermde sone aangebring word.
Dr. Mpho Maja, direkteur vir dieregesondheid by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, het gesê daar was vanjaar uitbrake van die siekte in die beskermde sone in Mpumalanga en daarom sal dit nie die bek-en-klouseervrye status hoegenaamd raak nie.
Sy het gesê die departement werk hard om te verseker dat daar nie enige onaangename verrassings is wanneer die OIE sy besoek aflê nie.