AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9347
7,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9420
59,00
SUNS
29 Sep
-
10200
226,00
WEAT
29 Sep
-
7099,4
28,40
WMAZ
29 Sep
-
4885,4
3,40
YMAZ
29 Sep
-
4853,8
25,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

SA se beleid oor GMO's 'is gevaarlik'

Die Suid-Afrikaanse Regering se vinnige aanvaarding van gewasse wat geneties aangepas is, hou moontlike gevare vir die gesondheid van die land se mense in.

Hierdie waarskuwing kom van 'n vooraanstaande wetenskaplike, prof. Winston Hide. Hy is die hoof van die SA Nasionale Bio-informatika-Instituut aan die Universiteit van die Wes-Kaap.

Een van sy bekommernisse oor geneties aangepaste (GM-) gewasse is dat hulle moontlik 'n uitwerking op menslike siektes kan hê. Gene kan nie gekeer word om rond te beweeg nie. Só byvoorbeeld kom plantgene in TB voor. Boonop verstaan wetenskaplikes nog baie min oor die werking van die menslike genoom en is nog nie eers seker oor hoeveel gene in die genoom is nie.

Die gebruik van antibiotiese merkers in GM-gewasse kan die doeltreffendheid van medikasie verminder, wat in die lig van die vigspandemie in die land 'n ernstige probleem kan wees.

Prof. Hide sê GM-gewasse is 'n nagmerrie in die ontwikkeling van biotegnologie in die land, weens mense se kommer oor die veiligheid van GM-voedsel. Hy meen die Regering het nie behoorlik na die implikasies gekyk wat die aanvaarding van GM-gewasse inhou nie. Dit lyk vir hom of die Regering bevooroordeeld is ten gunste van die saadmaatskappy wat dit verkoop.

Ook op ekonomiese gebied kan die gebruik van GM-gewasse nadelig vir die land wees, aldus prof. Hide. Veral handel met die Europese Unie, wat glad nie geneë is met GM-gewasse nie, kan benadeel word. Terwyl Suid-Afrika se wette oor GM-gewasse volgens baie toegeeflik is en nie die verbruiker beskerm nie, word EU-wetgewing ál meer beperkend.

Mnr. Glenn Ashton van die Groenparty en 'n kampvegter vir strenger beheer oor die gebruik van GM-gewasse, sê in die lig van die beperkte kennis oor gene, moet Suid-Afrika baie versigtig met sy gebruik van GM-gewasse omgaan.

Hy sê die land het reeds " 'n onwelkome presedent geskep deur die eerste geneties aangepaste stapelvoedsel in die wêreld - insekbestande wit mielies - te teel en te bemark. Hierdie gewasse bevoordeel hoofsaaklik diegene wat dit verkoop, terwyl die verbruiker die risiko moet dra."

26 Julie 2002
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.03
-1.1%
Rand - Pond
19.93
-2.6%
Rand - Euro
17.63
-1.5%
Rand - Aus dollar
11.67
-0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,658.37
-0.1%
Silwer
18.73
-0.9%
Palladium
2,216.01
+3.0%
Platinum
864.81
-0.2%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
56,921
-0.9%
Alle aandele
63,264
-0.9%
Hulpbronne 10
59,793
+3.3%
Industriële 25
76,769
-2.2%
Finansiële 15
13,707
-2.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my sielsgenoot
Ek is ń eerlike, opregte tipe man met vaste beginsels wat weet hoe om ń vrou met respek te behandel. Ek hou van reis, braai en dans.
Geloof, Hoop, Liefde
Ek is sag en liefdevol, n omgee en hartsmens, wat lief is vir die natuur, diere, kinders en oumense. Ek hou van lag, selfs vir myself en kan lekker jonk van gees wees en steeds...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot