AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

SA se rioolkrisis ‘bedreig nasionale sekuriteit’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Onbehandelde riool stroom uit een van die Chris Hani-
distriksmunisipaliteit se mangate. FOTO: VERSKAF
Onbehandelde riool stroom uit een van die Chris Hani- distriksmunisipaliteit se mangate. FOTO: VERSKAF
Suid-Afrika se verswakkende waterlandskap is ’n nasionale sekuriteitsrisiko, meen een van die land se voorste waterkenners.

Die agteruitgang van Suid-Afrika se watergehalte is een van die land se grootste probleme, sê prof. Anthony Turton van die Universiteit van die Vrystaat se sentrum van omgewingsbestuur, wat in 2008 by die wetenskaplike en nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) afgedank is oor kritiese uitsprake jeens regeringsbeleid.

“Dit benadeel daagliks die lewe van elke liewe inwoner. Dit vernietig die ekonomie van binne deur die gesondheid van elke individu te beskadig, sonder dat mense daarvan weet.”

Hy sê ’n deurslaggewende oomblik vir watergehalte in Suid-Afrika was toe suur mynwater in 2002 uit ’n ongebruikte mynskag by Randfontein gebied begin lek en drinkwater wyd besoedel het. “Te midde van ’n vlaag van aktivisme en medialawaai het ons ongelukkig twee dekades later nog absoluut niks aan die saak gedoen nie.”

Hy sê dié suur mynwater, wat ’n opgeloste mengsel van onder meer uraan, arseen, kadmium en kwik bevat, besoedel steeds damme en riviere in Suid-Afrika se myngebiede.

RIOOLBESOEDELING

Volgens hom is die kommerwekkendste egter die sistemiese ineenstorting van afvalwaterinfrastruktuur, wat in die afgelope dekade versnel het.

“Dit word die beste versinnebeeld deur die onsuksesvolle poging deur die weermag om die vloei van ongesuiwerde riool in die Vaalrivier by Emfuleni te voorkom.”

Turtin sê ondanks uitgawes van R2 miljard is Suid-Afrika nog nie nader aan oplossings as ’n dekade gelede nie. Hy sê Suid-Afrikaners produseer daagliks 5 miljard liter se ongesuiwerde riool. Die jongste geloofwaardige berekenings toon dat ongeveer 84% of 4,2 miljard liter daarvan daagliks onbehandeld in riviere invloei.

“Dit verteenwoordig ’n tsoenami van menslike afval, wat onophoudelik vir meer as ’n dekade instroom in damme en riviere. ” 

FARMASEUTIESE IMPLIKASIES

Turton sê elke chemiese verbinding wat in die kleinhandelsektor verkoop word, word in alle riooluitvloei gevind. Farmaseutiese bestanddele beland óók onbehandeld in Suid-Afrikaanse rivierstelsels.

“Elke middel wat verkoop word, beland in ’n gedeeltelik verwerkte vorm in die rioolstelsel. Dit sluit antibiotika, antiretrovirale middels, antidepressante, estrogeen van voorbehoedmiddels en Viagra wat ouer lede van die bevolking gelukkig hou, in.”

Hy sê die strome riool wat in damme en riviere gestort word, moet daarom beskou word as duisende ton medikasie wat in hul gedeeltelik verwerkte vorm steeds lewensvatbaar is, met triljoene patogene mikrobes wat floreer in die warm, voedingstofryke water.

“Dink daaraan as ’n opleidingskamp vir mikrobes, met die luies en swakkes wat vernietig word deur die lae konsentrasie antibiotika, en die sterkeres wat floreer.”

Hy sê dit skep gunstige toestande vir die volgende generasie multimiddelweerstandige patogene. 

AANSPREEKLIKHEID

Turton sê tifus-uitbrekings op verskeie plekke in Suid-Afrika is ’n simptoom van die ineenstorting van die rioolinfrastruktuur. “In die aangesig van die tifus-uitbreking moet ons ons vertroue in die wetenskap herstel, maar ook besef ons kan nie eenvoudig miljarde liter se suur mynwater en ongesuiwerde riool in damme en riviere laat uitvloei sonder onbedoelde gevolge nie.

“Die gevolge kan dodelik wees.”

Hy sê nou is die tyd om tegnies bekwame mense in spesialisposte aan te stel. “Ons kan nie langer aanvaar dat onbekwame politici hul weg verder verknoei gedurende ’n groeiende krisis nie. Ons moet hulle aanspreeklik hou.

“Ons moet die aanstelling van kaders depolitiseer, aangesien die beleid reeds vir ons die gebrekkige infrastruktuur gebring het wat ons sien in Eskom, Prasa, munisipale afvalwaterstelsels en vele ander gebrekkige staatsinstellings.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.28
+1.4%
Rand - Pond
22.43
+1.0%
Rand - Euro
19.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.22
+1.2%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
981.98
+1.0%
Palladium
1,444.54
+2.7%
Goud
1,967.98
+1.4%
Silwer
22.93
+2.4%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,757
+1.4%
Alle aandele
75,243
+1.3%
Hulpbronne 10
65,777
+0.2%
Industriële 25
101,692
+1.8%
Finansiële 15
15,282
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Saam dinge aanpak !
Ek is n eerlikke opregte reguit man Hou nie van komplikasies nie Gryp die bul by die horings Hou van rondry en nuwe plekke plaaslik en oorsee besoek !! Positiewe uitkyk op lewe...
Blank
Ek is redelik jonk van gees. Hou van dans en kook. 'N sin vir humor is belangriker as 'n resiesfiets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot