AFGRI
BEAN
01 Jan
-
0
0,00
CORN
01 Jan
-
0
0,00
SOYA
01 Jan
-
0
0,00
SUNS
01 Jan
-
0
0,00
WEAT
01 Jan
-
0
0,00
WMAZ
01 Jan
-
0
0,00
YMAZ
01 Jan
-
0
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

SA tekort aan teengif is ‘skrikwekkend’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
'n Pofadder. Foto: Verskaf/Johan Marais
'n Pofadder. Foto: Verskaf/Johan Marais
Suid-Afrika ondervind ’n ernstige tekort aan teengif vir die behandeling van slangbyte.

Suid-Afrika ondervind ’n ernstige tekort aan teengif vir die behandeling van slangbyte. Mnr. Johan Marais, hoof van die Afrika-slangbytinstituut, beskryf die situasie as “skrikwekkend”.

Die teengif word vervaardig deur South African Vaccine Producers (SAVP), ’n maatskappy wat deel is van ’n staatsinstelling, die nasionale gesondheidslaboratoriumdienste. Volgens Marais sê die SAVP die probleem is nie so groot nie, want daar is wel teengif beskikbaar vir noodgevalle, maar nie vir bestellings nie. ’n Dokter of hospitaal kan dus nie sy eie voorraad hou nie.

“As jy nou met ’n noodgeval in byvoorbeeld Kimberley sit, hoe kry jy die teengif betyds vanuit Johannesburg waar die SAVP is? Hulle is ook nie naweke oop nie. As jy op Saterdag deur ’n slang gebyt word, moet jy wag tot Maandagoggend om dit in Johannesburg te kry.”

Marais sê dit is geen nuwe probleem nie. Dit gaan glo al maande aan. “Daar was ook onlangs ’n geval van ’n slangbyt in Maun in Botswana, maar hulle kon ook geen teengif in Suid-Afrika bestel nie. Ek het die hele tyd, dag en nag, dokters wat my van afgeleë plekke bel om teengif te probeer bekom.”

Hy wys daarop dat teengif so gou moontlik toegedien moet word. “As agt uur verloop het ná ’n aanval deur ’n Mosambiekse spoegkobra, is die skade reeds gedoen en is dit te laat.” Hy sê ook as mens deur ’n pofadder gebyt word, is ses tot tien ampules teengif vir die behandeling nodig. As dit ’n mambabyt is, kan 12 tot 20 ampules nodig wees, wat sowat R2 000 stuk kos. Net die teengif alleen kos dan al R40 000.

Hy sê daar word ook nie aan veeartse teengif verskaf nie, wat veroorsaak dat honde wat deur slange gebyt word, geen behandeling kan ontvang nie. “Vir mens of dier is daar geen ander behandeling as teengif nie. ’n Mens kan nie slanggif uitsuig of uitbloei nie en die mites om vir diere melk of houtskool in te gee, help ook niks.”

Mosambiekse spoegkobra
Mosambiekse Spoegkobra. Foto: Johan Marais/Verskaf
swart mamba
'n Swart Mamba. Foto: Johan Marais/Verskaf

Daar word jaarliks gemiddeld sowat 4 000 mense in Suid-Afrika deur slange gebyt, waarvan sowat 10 tot 12 dit nie oorleef nie. Baie ander verloor egter ledemate of hou ander skadelike gevolge oor.

Landbou.com kon nog nie kommentaar by die SAVP bekom nie, maar volgens Beeld het me. Megan Saffer, besturende direkteur van die SAVP se teengifeenheid, die tekort bevestig. Sy het gesê hulle is besig met hul verpligte halfjaarlikse validering en produksie sal daarna herstel.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.05
+0.1%
Rand - Pond
20.04
+0.6%
Rand - Euro
17.68
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.61
-0.3%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,663.69
+0.2%
Silwer
19.23
+1.0%
Palladium
2,169.00
+0.1%
Platinum
866.00
+0.2%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
0.0%
Alle aandele
63,726
0.0%
Hulpbronne 10
60,230
0.0%
Industriële 25
77,400
0.0%
Finansiële 15
13,796
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot