AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

SA vaar nie so sleg nie – prof. Vink

Suid-Afrika vaar nie so sleg in tye van groot verandering nie, sê prof. Nick Vink.

Dit is baie makliker om ’n besigheid in Amerika of Brittanje winsgewend te bestuur as in die snel veranderende omgewing van ’n ontwikkelende land, soos Suid-Afrika.

Selfs om ’n kommoditeitsorganisasie te bestuur, is baie moeiliker. Suid-Afrika ondergaan enorme strukturele, politieke, ekonomiese en maatskaplike veranderinge, om ’n paar te noem.

Só het prof. Nick Vink, landbou-ekonoom verbonde aan die Universiteit Stellenbosch, gesê aan die afgevaardigdes van produsente- organisasies wat Agri SA se kommoditeitskonferensie in Somerset-Wes bygewoon het.

Volgens hom is mense bereid om die groot impak van verandering in hul eie lewens en werk te aanvaar, maar in baie gevalle nie in die politiek van Suid-Afrika nie. “Ons beland in situasies waar die politiek en die normale besigheid van ’n sektor in konflik beland. Ons het te veel konflik, en met dié soort konflik kan jy nie konstruktiewe deelname en oplossings kry nie.

Vink sê Suid-Afrikaners het baie meer om oor optimisties te wees as wat hulle dalk dink. Werkloosheid van sowat 25%, byvoorbeeld, is ’n groot probleem, maar die land het ná die groot slag van die resessie in 2008 daarin geslaag om dit rondom 25% te hou. Dit kon baie erger gewees het.

Hy sê ook die land het daarin geslaag om sedert 2008 sowat vier miljoen nuwe werksgeleenthede te skep, op van 12 miljoen tot 16 miljoen, en dat die meeste van hierdie werk van die private en die informele sektor af kom en nie van die staat, soos algemeen aanvaar word, nie.

Vink het gesê Suid-Afrikaners moet versigtig wees om té krities te wees oor hoe die ekonomie bestuur word te midde van die verandering.

Ondanks daarvan dat die goudmynbedryf basies in duie gestort het (van ’n produksie van 1 000 ton per jaar in 1971 tot slegs 140 ton in 2014) en dat die primêre sektore van die ekonomie (die landbou, bosbou en mynwese) van 25% van die ekonomie in 1971 gekrimp het tot minder as 10%, groei die land se bruto binnelandse produk steeds stadig, maar seker – selfs ná 2008.

Hy sê al is die primêre landbou nou slegs sowat 6% van die ekonomie, is dit steeds ’n uiters belangrike sektor omdat dit ’n basis is waarop ander bedrywe gebou word. Die goeie nuus is dat die landbou in twee jaar 200 000 nuwe werksgeleenthede geskep het, wat merkwaardig is omdat die hoeveelheid werkers per hektaar eintlik verminder het vanweë tegnologie en beter metodes.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot