AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

SA wil meer oor finansiering hoor by COP27

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
'n Trekker help om 'n bakkie uit die modder te sleep na swaar reën in Februarie 2022 by die Fyvie-boerdery. Foto: Dandré Kruger
'n Trekker help om 'n bakkie uit die modder te sleep na swaar reën in Februarie 2022 by die Fyvie-boerdery. Foto: Dandré Kruger
Suid-Afrika sal hom by ander Afrikalande en ander ontwikkelende ekonomieë skaar in die gesprekke rondom klimaatsverandering op COP27.

Hoewel Afrika minder as 4% bygedra het tot die opbou van kweekhuisgasse wat die klimaatskrisis veroorsaak wat die wêreld tans beleef, is dit een van die vastelande wat die swaarste getref gaan word deur die impak van klimaatsverandering oor die volgende dekade.

Dit is algemeen bekend dat temperature op die Afrika-vasteland vinniger styg as in Europa.

Daarom sê me. Barbara Creecy, minister van bosbou, visserye en omgewingsake, Suid-Afrika gaan hom vroeg in November saam met ander lande op die vasteland beywer vir regverdige ooreenkomste wat die oorskakeling na hernieubare energie, haalbare mitigasiedoelwitte en finansiering van aanpassingsmaatreëls op COP27 in Sharm el-Sheikh, Egipte, beywer.

“Ons wil nie sien dat ontwikkelde lande wat verantwoordelik is vir die klimaatkrisis, teruggaan op die verbintenisse wat hulle verlede jaar gemaak het nie,” het Creecy tydens ’n konsultasiegesprek met belanghebbendes oor Suid-Afrika se aanbieding op COP27 gesê.

Sy het daarop gewys dat daar minder finansiering vir aanpassingsmaatreëls as vir mitigasiestappe beskikbaar is en dat dit ontwikkelende ekonomieë in streke wat swaarder deur klimaatsverandering geïmpakteer word, tot nadeel strek. “Daar moet eenvoudig meer finansiering vir aanpassingsmaatreëls beskikbaar gestel word.

Duidelike doelwitte

“Net soos ons wêreldwye bestekopname het wat kyk hoe ver ons met mitigasiestappe gevorder het, het ons een op aanpassing nodig. Ons moet seker maak daar is duidelike doelwitte en teikens vir aanpassing en dat daardie doelwitte en teikens met konkrete syfers rondom finansiering verbind is.”

Sy het navorsing aangehaal wat die aanpassingskoste vir die vasteland op tussen $259 miljard en $407 miljard oor die volgende tien jaar beraam.

“Wat ons moet weet namate ons in hierdie dekade inbeweeg, is dat daar finansiering beskikbaar gaan wees, dat ons daardie finansiering gaan kan kwantifiseer en dat dit voorspelbaar gaan wees.”

Creecy het gesê Afrikalande wil sien dat mitigasievoorskrifte wat op COP27 aanvaar word, lande se binnelandse omstandighede in ag neem. Sy meen lande se ekonomiese vermoë om te mitigeer teen aardverwarming moet ook oorweeg word. “Ons wil egter nie sien dat ontwikkelde lande hul ambisies dan afskaal en hul verantwoordelikheid op ontwikkelende lande afstoot nie. Ons sal wil seker maak dat enige nuwe teikens met finansiële steun gerugsteun word.”

Sy het dit ook duidelik gemaak dat Suid-Afrika sal onderhandel vir ’n finansieringsooreenkoms wat ontwikkelende lande nie dieper in die skuld sal dompel nie.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.29
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.73
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.22
+1.7%
Platinum
1,030.76
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot