AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Saaddiefstal dalk groter sindikaat se werk

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Die eenheid vir georganiseerde misdaad in Bloemfontein ondersoek die moontlike verband tussen verskillende voorvalle van saaddiefstal.

Die diefstal van saad en landbouchemikalieë met minibus-taxi’s kom al hoe meer voor en die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad het nou die ondersoek oorgeneem om te kyk of daar nie ’n groter sindikaat agter die diefstalle sit nie.

In die jongste voorval is diewe op heter daad betrap toe hulle na bewering bykans R1 miljoen se saad en chemikalieë op ’n plaas by Vierfontein in die Vrystaat probeer steel het.

Mnr. David Britz, voorsitter van Vierfontein se boerevereniging, sê hulle het inligting ontvang dat die diefstal beplan word en hul eie plaaslike reaksiemag het toegeslaan om dit te verhinder. “Ons het nou oor ’n tydperk veiligheidskameras op verskeie paaie geplaas wat deurentyd gemonitor word. Dit maak dit makliker om verdagte voertuie op te merk.”

Die reaksiemag is deur die Manna-studiegroep gestig onder boere uit Vierfontein, Bothaville en Viljoenskroon.

Die diefstal het plaasgevind op 28 Desember op die plaas Karookom van mnr. Coetzee Erasmus, wat in daardie stadium by Strandfontein aan die Weskus vakansie gehou het. ’n Werker wat al 13 jaar in sy diens is, is saam met die ander verdagtes in hegtenis geneem. 

“Ons het die verdagte voertuie in ’n radius van so 3 km tot 5 km vasgetrek. Die een minibus-taxi het in ’n reaksiemagvoertuig vasgery en insittendes het probeer om in  mielielande te ontsnap. Gelukkig is die mielies nog nie hoog nie en in die loop van die oggend het ons nog vyf verdagtes in hegtenis geneem,” sê Britz.

Hy sê in die een voertuig was ’n klomp sonneblomsaad en in die ander een houers met RoundupReady. By die pakhuis het ander saad en chemikalieë reggestaan om net gelaai te word. “Daar was geen gedwonge toegang tot die pakhuis nie en jy kan jou net indink in watter penarie dit ’n boer laat met sy versekering as daar geen gedwonge toegang was nie.

“As ek as voorsitter van Vierfontein-boerevereniging drie mense kan uitsonder wat regtig hul persoonlike en gesinstyd week ná week opoffer om die gemeenskap te beskerm, dan is dit mnre. Ryno Uys, Lukas Stoop en Johan du Plessis. Ons span het al verskeie suksesse behaal teen veediewe, kabeldiewe en selfs plaasaanvalle. Ons probeer om deurgaans hoë sigbaarheid te handhaaf en misdaadsindikate bewus te maak van ons teenwoordigheid.”

Hy sê die Manna-studiegroep hou eersdaags weer sy jaarlikse gholfdag om geld in te samel om jong boere wat hul lewe op die spel plaas om die gemeenskap te beskerm, te beveilig met opleiding en basiese veiligheidstoerusting.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot