AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Saadheffings is aan die kom

Soja is die eerste gewas waarop boere ’n heffing sal moet betaal.

Saadmaatskappye kan binnekort ’n meevaller van sowat R48 miljoen net uit die sojaboonbedryf ontvang wanneer ’n sogenoemde eindpuntheffing (“end point royalty”) in werking tree. Dié heffing sal die maatskappye vergoed vir hul intellektuele eiendom.

Die sojaboon-, koring- en garsbedryf gaan binnekort aansoek doen om só ’n statutêre heffing, wat dan van boere verhaal word wanneer hulle graan lewer. Mnr. Corné Louw, sekretaris van die sojaboonwerkgroep, het op Graan SA se kongres gesê die koringbedryf se aansoek sal waarskynlik al binne die volgende twee weke ingedien word saam met die aansoek vir die navorsingsheffing vir koring.

Louw sê daar is ver gevorder met die toepassing van die stelsel. ’n Niewinsgewende maatskappy, SA Cultivar & Technology Agency, sal die heffingsgeld hanteer. In die koringbedryf sal die heffing 0,5% van die koringprys of R19/ton wees as dit ook op ingevoerde koring gehef word.

In die sojaboonbedryf is die voorstel ’n aanvanklike heffing van 1,2% van die sojaboonprys. Op ’n sojaboonoes van 800 000 ton en ’n prys van R5 000/ton beteken dit sowat R48 miljoen.

15% groter oeste

Mnr. Jan Grey, voorsitter van die werkgroep, het gesê die heffing is noodsaaklik indien die bedrywe saadmaatskappye wil oorreed om nuwe tegnologie na Suid-Afrika te bring. Die heffings sal pro rata aan saadmaatskappye toegeken word vir tegnologie sowel as kiemplasmatariewe.

In die sojabedryf moet boere nog klaarkom met verouderde Roundup Ready (RR)1-tegnologie, terwyl daar reeds beter RR2- en dicamba-tegnologie elders beskikbaar is. Grey sê omdat boere saad terughou en saadmaatskappye nie vir hul tegnologie vergoed word nie, bring hulle nie nuwe tegnologie hierheen nie.

“Ons skiet onsself in die voet. Met die nuwe tegnologie kan ons ’n opbrengsverhoging van 15% hê. As ons dan 20% van daardie 15% aan tantieme moet afstaan, vind almal baat daarby.”

Louw reken die heffing op sojabone sal in 2016/’17 in werking tree. Die nuwe tegnologie kan Suid-Afrika dan twee jaar later bereik.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
-1.3%
Rand - Pond
20.11
+0.1%
Rand - Euro
17.64
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,713.07
-0.2%
Silwer
20.66
+0.1%
Palladium
2,253.50
-0.2%
Platinum
925.00
+0.3%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou die mooi kant van die lewe wys
Ek is n boer van beroep maar dis nie net n beroep nie dis n passie om elke dag in die skepping te kan werk is n vooreg. Ek het n grood liefde vir die natuur en om tyd daar in te...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot