Van 1910 tot 1994 was die omvang en impak van pogings deur die regering om landbouproduksie in Suid-Afrika te kommersialiseer, aansienlik. ’n Diepgaande ontleding van dié agt dekades se regeringsprogramme en begrotings toon duidelik dat pogings sedert 1994 om swart boere te kommersialiseer, dieselfde eenvoudige resep van ondersteuning en verantwoordbaarheid moes gevolg het wat daardie jare gekenmerk het.
Dan sou ons waarskynlik nie elke vyf jaar planne moes beraam en maande aan “ronde-tafel-besprekings” moes wy nie. Dit bring ons by die Land Bank, ’n uiters belangrike instelling ter ondersteuning van landbou-ontwikkeling.
Saam met die bemarkingsrade, wat semi-staatsinstellings was, was die bank ’n sentrale deel van die stelsel van omvattende staatsteun aan die landbou.