AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Saamstaan vir meer geld vir landbou

Die landbou behoort ’n baie groter stuk van die land se begroting-koek te kry.

Die landbou kry jaarliks ’n karige begroting en nou wil die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou saam met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye die stryd aansê om meer geld uit die staatskoffers vir hierdie departement te kry.

Die departement het ’n voorlegging oor die implementering van die gewysigde Wet op Veterinêre en Para-veterinêre Beroepe by die komitee gedoen. Die wetgewing is gewysig sodat veeartse verplig sal word om ’n jaar lank gemeenskapsdiens te lewer.

Die departement het die komitee ingelig dat hy weens sy begroting sukkel om betrekkinge vir staatsveeartse aantreklik te maak. Die besnydings aan die begroting het ook ’n groot uitwerking op sy verpligte gemeenskapswerkprogram vir afgestudeerde veeartse. Vanjaar het125 van die 131 veeartse wat vir gemeenskapswerk aansoek gedoen het, vir diens aangemeld en regoor die land se provinsies versprei.

Me. Annette Steyn, die Demokratiese Alliansie se skaduminister vir die landbou, het die departement voor stok gekry omdat hulle hul begrotings nie behoorlik met hulle programme in lyn bring nie. Die verpligte gemeenskapsdiens is ingestel deur die wet goed te keur, maar ’n finansiële plan daarvoor het ontbreek. Volgens Steyn het die departement die versekering gegee dat die komitee kan voortgaan om die wetgewing goed te keur omdat hulle binne die ander programme geld vir die implementering daarvan sal bewillig.

“Wanneer ons vrae vra oor befondsing bly die departement sê sekere aanpassings sal gemaak word. Dit is waar die probleem lê. Wanneer ons ’n wetsontwerp goedkeur met die inligting wat ons van die departement kry en julle het nie die geld daarvoor nie, sit julle nie net julself onder druk nie, maar die hele land. Mense kan moontlik vanjaar of volgende jaar weens die droogte honger ly, dan eers sal mense wakker skrik en besef daar is departement van landbou wat nie geld kry nie, maar almal verwag om elke dag kos in hierdie land te eet.”

Me. Rosina Semenya, voorsitter van die portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye, het saamgestem dat die departement sy beplanning beter moet doen en wanneer hy ’n projek voorstel, die nodige befondsingmodel moet hê voor hy dit begin implementeer.

Sy het ook uitgewys dat die Nasionale Tesourie gesê het dat daar baie geld in ander staatsdepartemente vir die landbou lê. Daar lê byvoorbeeld geld in die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming en by die Departement van Handel en Nywerheid is daar geld vir landbouverwerking.

“Toe die komitee met Handel en Nywerheid ontmoet het, het hulle gesê die projek vir landbouverwerking is baie klein in vergelyking met hul ander projekte. Maar aan ons word gesê hierdie is die mense wat die strategie vir landbouverwerking gaan implementeer,” het Semenya gesê. Sy het die departement daarop gewys dat al die geld wat elders vir Landbou, Bosbou en Visserye lê, hom nie noodwendig bystaan om sy doelstellings te bereik nie.

Sy het gewaarsku dat die komitee die mag het om te weier om die begroting van die departement goed te keur, want hy bereik nie sy doelstellings nie. Die Nasionale Tesourie het altesaam R15,3 miljard vir hierdie departement en die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming bewillig. Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se begroting vir die 2016/’17-geldjaar is R6,3 miljard. Dit was R6,4 miljard in die 2015/’16-geldjaar.

Mnr. Bheki Cele, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Vissery, het die komitee vertel hoe daar met die Tesourie gesukkel word. Die Tesourie vertel ons dat ons geld oral lê, maar kan ons nie met ons eie geld help nie, het hy afgeblaas. “Suid-Afrika is deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en het tot die Maputo-deklarasie ingestem dat 10% van die begroting aan die landbou moet gaan.”

Cele het gesê hoewel R158 miljard miskien nie haalbaar sal wees nie, kan daar tog ’n aansienlike en redelike bedrag vir die landbou begroot word. “Miskien moet ons bid vir ’n begroting vir die landbou. Die probleem in die landbou is dat vliegtuie sonder vlerke geskep word wat op die ou end soos Volkswagens hardloop. Daar moet met beter oë na die landbou gekyk word en nie met lede oë aanskou nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is n introvert, baie lief v die natuur
Rustige liefde volle mens wat n maat soek wat lief kan he en na mekaar kan luister, en net die lewe geniet
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot