Dringende herbesinning oor die nasionale strategie vir landelike beveiliging is nodig, meen kenners wat ’n lang pad stap met dié strategie wat al dekades lank elke paar jaar afgestof en hersien word.
Daarmee saam moet ’n werkbare plan ingestel word waartoe alle belanghebbendes – die polisie, intelligensiedienste, weermag en bowenal die boere self – verbind is.
“Daar moet anders gedink word oor hoe ’n werkbare plan toegepas gaan word,” sê dr. Johan Burger, senior navorser van die instituut vir sekerheidstudies.