Dít is die bevinding van Knorr se derde jaarlikse verslag oor Suid-Afrikaners se eetgewoontes. Die verslag heet “Plate of the Nation” en word deur NielsenIQ saamgestel.
En wat is op volwassenes se borde? Hoofsaaklik stysel (41%) en vleis, wat eiers insluit, (27%), lui die verslag. Verlede jaar het mense aangedui sowat 26% van die kos op hul bord is vleis. Groente maak vanjaar net 13% van mense se borde uit, wat ’n klein afname teenoor verlede jaar se 14% is.
Minder mense leef hoofsaaklik vegetaries (’n afname van 3% tot 1% sedert verlede jaar), maar diegene wat soms ook vleis of vis by hul diëte insluit (sogenaamde fleksetariërs) het van 6% tot 10% geklim.