AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Safex 'onbekostigbaar' vir produsente

Deelname aan Safex is eenvoudig te duur vir die meeste produsente.

Na die afskaffing van die eenkanaalbemarkingstelsel moes ’n alternatief daarvoor in plek kom. Die Suid-Afrikaanse termynbeurs (futures exchange) het lank reeds die verhandeling van afgeleide instrumente met aandele as onderliggende produk gefasiliteer. Hierdie instansie was gevolglik die beste gerat om termynkontrakte op sagte kommoditeite te begin verhandel.

Aanvanklike probeerslae met beesvleis en aartappels het as gevolg van ’n gebrek aan likiditeit misluk. Dit was uiteindelik wit mielies wat Safex, in terme van sagte kommoditeite, op die voorgrond gesit het. Hoewel baie tipes kontrakte vandag deel van die landbou-Safex is, is dit veilig om te sê dat wit mielies, produkgewys, hierdie instansie gebring het tot waar dit vandag is.

Een van die grootste redes vir die sukses van Safex is die veiligheid van transaksies. Iemand wat mielies op Safex gekoop het en lewering wou hê, het dit nog altyd gekry. Iemand wat mielies op Safex gekoop het en die mielies weer teen ’n hoër prys verkoop het, het nog altyd die wins van die transaksie gekry. Dieselfde geld vir verkooptransaksies. Dit is ook so dat die verlies van ’n prys wat verkeerd beweeg ook nog nooit vrygespring is nie.

Margebetalings is ’n integrale deel van die hele stelsel wat transaksies waarborg. Sodra ’n transaksie gedoen word, moet ’n aanvangsmarge (deposito) betaal word. Wanneer die transaksie gesluit word, word die deposito weer terugbetaal.

Die minimum kontrakgrootte vir wit mielies is 100 ton. In 2001 was die deposito benodig vir een kontrak, R10 000 of R100 per ton. Tans is die deposito vir die Julie 2016-witmieliekontrak R653 per ton of R65 300 per kontrak. Het die deposito meer geword, of styg dit maar net saam met ander items se pryse?

As dit met die Julie-witmielieprys oor die jare vergelyk word, is dit in lyn, soos wat in die grafiek hieronder gesien kan word. Uit ’n risiko-oogpunt moet Safex die deposito vir een ton mielies persentasiegewys by die prys laat bybly. Die prys is ook nie die enigste faktor wat in ag geneem word met die bepaling van die deposito nie.

Safex_aanvangprysemieliesJulie

Die prys van wit mielies bepaal egter nie die bekostigbaarheid van deposito’s op Safex nie. In die grafieke hieronder word die bruto inkomste per hektaar ten opsigte van wit mielies met Safex-deposito’s vergelyk. Die bruto inkomste is verkry deur die opbrengs (volgens die oesskattingskomitee) met die Julie-Safexprys vir die betrokke jaar te vermenigvuldig. Die Vrystaat en Noordwes, waar tradisioneel die meeste wit mielies geproduseer word, word as voorbeeld gebruik.

Hier kan die ernstige styging in die kontantvloei wat benodig word om aan Safex deel te neem, gesien word. Vir die Vrystaat was die waarde van die aanvangsdeposito gemiddeld net meer as 2% van bruto inkomste, nou is dit amper 5%. Die prentjie lyk omtrent dieselfde vir Noordwes, met ’n gemiddeld van 3%, teenoor bykans 7% nou.

Safex_aavangsmargeNoordwes2016

Safex_aavangsmargeVrystaat2016

Die bekostigbaarheid van aanvangsdeposito’s as persentasie van inkomste per hektaar nadat insetkostes afgetrek is, kan dalk nog slegter lyk. Kleiner meulenaars met beperkte toegang tot kapitaal bevind hulle in dieselfde posisie.

Wat van persone buite die witmielieketting wat ook aan witmielie-prysbewegings op Safex wil deelneem? ’n Vergelyking van die verbruikersprysindeks (VPI) met aanvangsdeposito’s is nog meer dramaties.

Die gevolg van ’n “duur” Safex is nadelig vir die hele bedryf. Produsente word gedwing om glad nie, of indirek, van Safex gebruik te maak, byvoorbeeld deur middel van landboumaatskappye. Dit lei weer tot verhoogde kostes en kleiner bemarkingsbuigsaamheid.

In ’n stelsel waar net ’n paar groot verwerkers die oorgrote meerderheid mielies van baie produsente koop, kan prysvorming maklik tot nadeel van die produsent wees. Safex het hierdie probleem aangespreek, want almal kon nou mielies koop as die prys te laag was, van produsente tot huisvrouens, met ’n gepaardgaande herstel van die prys.

Onbekostigbare deposito’s kan hierdie belangrike vryemarkfunksie van Safex verwater. Daar bestaan reeds persepsies (dalk ongegrond op hierdie stadium) dat die witmielieprys op Safex gemanipuleer word.

Die oplossing vir die probleem is nie so eenvoudig as om net marges te verminder nie. Dit kan die kernvoordeel van Safex, naamlik dat transaksies gewaarborg word, in gevaar stel. Safex het probeer om ’n 10 ton-witmieliekontrak te lys, maar het dit onttrek weens ’n gebrek aan likiditeit. Daar is op hierdie stadium ’n moontlikheid dat daar ’n 50 ton-kontrak gelys kan word.

Kleiner kontrakgroottes help egter nie die rand-per-ton-deposito nie. Die produsent moet steeds 500 (R326 500-deposito) of 1 000 (R653 000-deposito) of 5 000 (R1.6 miljoen-deposito) ton verskans.

Hopelik is dit nie ’n permanente moeilikheid nie en sal ’n witmielieprys wat meer in verhouding met opbrengs, die VPI, ensovoorts is, deelname aan Safex binne bereik van meer mense sit.

* Johann Strauss is ’n ontleder by BVG Commodities.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
+0.3%
Rand - Pond
19.33
+0.0%
Rand - Euro
17.28
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,629.04
+0.4%
Silwer
18.40
+0.2%
Palladium
2,076.27
+1.6%
Platinum
853.51
+0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot