AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

SAID: Belasting of diefstal?

Het Suid-Afrika 'n punt bereik waar belasting nou bloot diefstal is, vra Chris Burgess.

Dit kom al geruime tyd aan. Die gesukkel met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

Ek sal weet. Ek moes ses jaar wag en meer as honderd onthutste oproepe maak voor ’n inkomstebelastingvoordeel wat my ooglopend moes toekom, uiteindelik terugbetaal is (’n paar duisend rand was egter nog kort). Persoonlik verontreg was dit vir my die eerste aanduiding dat alles nie heeltemal pluis is by die SAID nie.

Vir boere is die verregaande gesukkel met BTW-terugbetalings nou al geruime tyd aan die gang. Toe ons die storie anderdag weer aanroer, is ons vermoedens met die eerste twee oproepe bevestig. Vir Johan Blomerus, ’n mielieboer van die plaas Wonderfontein by Kroonstad, is sy BTW- en dieselrabat-eise ’n “nagmerrie”. Seugnet Engelbrecht, ’n lusernboer en vervoerkontrakteur van Brits, sukkel al sedert einde Februarie om haar BTW-terugbetalings te kry en het nou ’n amptelike dispuut met die SAID verklaar. Lees hier meer oor Blomerus en Engelbrecht se stryd met Jan Taks.

Wat dan van werkverskaffing?

Wat ter sprake is, is die kontantvloei van ondernemings wat mense in diens neem in ’n land waar 7,5 miljoen mense van 18 tot 35 jaar oud werkloos is. En dít ondanks ’n resessie en arbeidswetgewing wat enige aanstelling ’n waagstuk maak.

Dit maak ’n mens bitter kwaad. Soos die dag toe Tom Moyane, kommissaris van die SAID, se lyfwagte die hardwerkende, slim Vlok Symington in ’n raadsaal vaskeer en dié senior SAID-bestuurder probeer intimideer. Vlok het heldhaftig vasgeskop en video’s die hele wêreld vol gestuur, maar uiteindelik het ’n hele klomp kundige mense die SAID ná hierdie onsmaaklikheid verlaat.

Intussen stop die SAID stilletjies allerhande gate toe — asof ’n private burger nie die reg het om welvaart op te bou nie. Daar is sy voortdurende aanslag op familietrusts en die onlangse verstelling dat tot 41% belasting (dit was altyd net 15%) nou gehef kan word op sekere dividende wat aandele-aansporingskemas uitbetaal.

Dít ondanks armes wat gelukkig genoeg is om deur bemagtigingspogings aan sulke skemas te behoort en nou ook onnodig gelooi word. Die SAID verkies dat dié swaarverdiende geld eerder oorhandig word aan ’n staat wat dit met asemrowende onverskilligheid verkwis.

Dis mos blote diefstal

Soos die sowat R100 miljard wat Pravin Gordhan beweer Suid-Afrika reeds verlaat het. Dit is R100 000 000 000 wat effektief gesteel is van mense soos Johan Blomerus en Seugnet Engelbrecht. Dié stropery skeel die SAID egter min. Sandile Memela, woordvoerder, probeer heel vroom paai: “Die omstandighede van elke saak en die tydperk vir die terugbetalings moet in ag geneem word.”

Onsin! Hou op om ons vir die gek te hou. Besighede word gewurg deur ’n vuisvoos ekonomie wat regstreeks verband hou met ons uiters swak politici, en nou moet hulle nog SAID-houe ook trotseer. Genadiglik is daar in Suid-Afrika altyd ’n ligpunt. Soos die storie van Kosie van Zyl, ’n boer van Kinross.

Verlede week is Kosie in Witbank by ’n verkeerslig deur ’n man met ’n Okapimes van sy selfoon “verlig”. Toe hy sy vrou later van iemand anders se selfoon bel, laat weet sy hy kan sy foon by die plaaslike taxistaanplek gaan haal. Blykbaar het die insittendes van ’n taxi die roof gesien, die selfoondief aangekeer, hom goed pak slae gegee en toe Kosie se vrou gebel.

By die taxistaanplek is Kosie deur ’n juigende skare ingewag. Sy foon is oorhandig en daar is toe, in daardie unieke Suid- Afrikaanse tradisie, vir ’n ou koeldrankie gevra. Kosie het toe maar R400 getrek. ’n Informele belasting, maar ten minste kry jy iets in ruil daarvoor.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.11
-0.6%
Rand - Pond
20.10
+0.0%
Rand - Euro
17.68
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.56
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,702.14
-0.6%
Silwer
20.27
-1.9%
Palladium
2,195.00
-3.0%
Platinum
919.62
-0.6%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Sprankelende nooi opsoek na opregte man
Ek is n vrou wat baie gou vir mense omgee en altyd wil help waar ek kan. My hart is baie sag. As ek lief is vir iemand dan gee meer as net 100% ek beskerm, versorg , bederf, gee...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot