AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

SAID erken hul ’t gefouteer

Die SAID het onlangs op ’n vergadering met Agri SA erken hulle het gefouteer om boere nie oor die BTW-uitbetalings in te lig nie.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het onlangs op ’n vergadering met Agri SA erken hulle het gefouteer om boere nie in te lig oor die situasie rakende BTW-uitbetalings nie.


Luidens ’n verklaring het die SAID gesê dat hulle, soos hulle wetlik verplig word, in gebreke gebly het om eisers in kennis te stel van ’n verandering aan die proses. Hulle sê egter die fout is reeds reggestel.


Mnr. Dawie Maree, ’n ekonoom vir Agri SA, sê R3 miljard is reeds aan eisers uitbetaal, maar hulle ontvang gereeld oproepe van boere wat steeds probleme ondervind en nie die nodige uitbetalings ontvang het nie.


Die verandering

Die SAID het aan Agri SA verduidelik hulle moderniseer tans die BTW-stelsel, soos wat dit op die sake-gemeenskap van toepassing is. ’n Nuwe BTW-eisvorm is vir dié doel saamgestel en die stelsel behoort binnekort volledig in werking te wees.


Die Inkomstediens het egter verder uitgewys dat hy sedert Maart vanjaar kommerwekkende neigings rondom BTW-eise opgemerk. Dit het hom laat besluit, gegrond op die risiko, om BTW-uitbetalings tydelik te staak en aan ’n tweede hersieningsproses te onderwerp.


“Hierdie hersienings het druk op die SAID geplaas, wat gelei het tot die agterstand in uitbetalings wat hy beoog om binnekort uit te wis,” lui die verklaring van Agri SA


Ongunstige impak

Die organisasie sê die SAID is bewus van die ongunstige impak wat laat uitbetalings op produsente kan hê en hy het Agri SA verseker dat die agterstand so spoedig moontlik uitgewis sal word. Hy het ook aan Agri SA gesê dat, waar dit van toepassing is, rente wel verreken sal word.


Die SAID het ook op die vergadering aangedui dat die probleem nie die landbou spesifiek is nie. 


Kommunikasie

Verteenwoordigers van die SAID het verder onderneem om hul veranderende werkswyse aan belastingbetalers deur onder meer die media oor te dra. Hulle het ook aangedui dat hulle meer gereeld met Agri SA oor probleme sal praat.


Die organisasie moedig boere aan om hul probleme eers op provinsiale vlak te probeer uitpluis. As hulle dit nie na behore opgelos kry nie, kan Agri SA dit op ’n nasionale vlak opneem.


6 Junie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.27
+0.1%
Rand - Euro
18.30
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.80
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.30
0.0%
Silwer
23.48
0.0%
Palladium
1,956.00
0.0%
Platinum
1,028.50
0.0%
Brent-ruolie
76.10
-0.1%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot