AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

SAID verduidelik agterstallige miljoene

Sowat 100 Noordwes-boere sukkel met kontantvloei omdat die SAID se kantoor op Klerksdorp agterstallig is met hul eise vir dieselrabat en BTW.

Die belastinggaarder skryf vertraagde uitbetaling van BTW-eise aan ’n beweerde toename in bedrog toe, asook eisers wat nie hul kontakbesonderhede bywerk of betyds ondersteunende dokumentasie indien nie.

Die SA Inkomstediens het Landbouweekblad só geantwoord in reaksie op ’n vraag oor die groeiende lys van amper 100 droogtegeteisterde Noordwes-boere wat met kontantvloei sukkel omdat die diens se Klerksdorp-kantoor agterstallig is met die uitbetaling van hul eise vir dieselrabat en BTW. Die totale eise beloop al oor die R10 miljoen, en in party gevalle is die uitbetalings tot so lank as oor ’n half jaar laat.

Die probleem is volgens Graan SA tot dié streekkantoor beperk.

Die SAID sê in sy antwoord hy kan bevestig dat hulle “toegewysde hulpbronne” het wat nét op die nagaan en hersiening van terugbetaling-eise vir beide BTW en die dieselrabat fokus.

“Ons besef dat boere swaar kry, veral in hierdie droogtetyd. Daarom gee ons voorkeur aan boere se eise, en ons het bykomende hulpbronne toegewys om hierdie eise te verwerk.

Van die eise is seisoenaal

“Baie van die eise is seisoenaal, wat sekere tye van die jaar bottelnekke veroorsaak. Ons moet egter ook meld dat ons verdere vertragings ondervind omdat belastingbetalers nalaat om hul kontakbesonderhede op te dateer as hulle BTW-eise indien. Dit maak kontak baie moeilik wanneer ons eise probeer verifieer.”

’n Tweede rede vir vertragings, volgens die SAID, is dat boere glo nalaat om die nodige ondersteunende dokumentasie in te dien. “Ondanks die kompromis wat ons met die landbousektor-verenigings getref het oor die detail wat belastingbetalers moet byhou (met verwysing na dieselverbruik), is daar steeds baie van hulle wat nie die vereistes nakom nie, selfs al is dit verslap.”

Voorts word in die verklaring na die toename in elektroniese indiening van opgawes verwys, wat dienslewering versnel, maar ook die bedrog-risiko.

Luidens die verklaring wys statistieke dat meer as 70% van BTW-uitbetalings binne 30 dae geskied, en die helfte hiervan binne ’n dag. Rondom ’n kwart van BTW-terugbetalings duur 30 dae of langer, maar dan is dit omdat dokumentasie uitstaande is of bykomende risikobestuurstappe geneem moet word.

Altesaam ’n vyfde van belastingbetalers wat BTW terugeis, moet aan hierdie bykomende en strenger maatreëls onderwerp word, lui die verklaring.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot