AFGRI
BEAN
05 Okt
-
8977
-39,00
CORN
05 Okt
-
4903
23,00
SOYA
05 Okt
-
9240
-25,00
SUNS
05 Okt
-
10200
-10,00
WEAT
05 Okt
-
7200
31,00
WMAZ
05 Okt
-
4943
27,00
YMAZ
05 Okt
-
4863
7,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Sakeman wen met ander se hamels

’n Sakeman van Aliwal-Noord wat geen grond en lewendehawe besit nie, was die wenner van Richmond se hamelprojek.

Mnr. Izak Pieterse van Jip-vervoer het met die eerste prys van R60 000 weggestap in die dorp se gemeenskapsprojek wat die tweede jaar in samewerking met Pentagon-Merino’s aangebied is.

Mnre. Esley Lombard van die plaas Jagfontein, Hanover, en Jakobus Herbst en me. Annemarie Conroy van Mon Desir, Victoria-Wes, was die naaswenners met prysgeld van onderskeidelik R20 000 en R10 000.

Pieterse het deelgeneem om sy broer, Jaco, van die plaas Patrysfontein by Richmond, te ondersteun. Jaco se hamelinskrywing kon egter nie hond haaraf maak nie.

Pieterse het egter sowat R4 500 bestee om ses hamels as inskrywing by die projek se gasheer, mnr. Andy Duthie van Oufontein, te koop en die R60 000 daarmee verdien. Sy gemiddelde netto-wins van R212 voor vaste koste was meer as die helfte minder as 2012 se beste gemiddelde wins van R560, wat oor 12 maande bereken is.

Volgens mnr. Johan Bezuidenhout van Pentagon-Merino’s is die afname hoofsaaklik toe te skryf aan die heersende droë toestande en ’n daling in die produsent se vleisprys.

In 2012 is sowat 607 mm reën in die distrik Richmond gemeet, teenoor die totaal van 2013 van 345,5 mm wat afgebroke deur die jaar voorgekom het. Die slagprys vir lammers het in 2013 met minstens R5/kg vir lammers afgeneem teenoor die R47/kg in 2012.

Doel van die projek
Bezuidenhout sê die doel van die gemeenskapsprojek is om die Merino en hamelboerdery te bevorder. Die dorp Richmond word ook bevoordeel wanneer die deelnemers aan die projek met skoutyd in Januarie daar tuisgaan tydens die aanwysing van die wenners. Instansies wat ook by die geldinsameling baat, is die kerk, die buiteklub en die ouetehuis.

Verlede jaar het 44 telers van 10 naasliggende distrikte elk ses hamels ingeskryf wat rondom 15 Februarie tydens inname geweeg en waarvolgens  ’n beginwaarde bepaal is. Die 264 lammers van sowat 5 maande is na 2 weke van aanpassing op die gasheerplaas geskeer. Hulle is agt maande later weer geskeer voordat hulle geslag is.

Mnr. Francois Viljoen van CMW, een van die organiseerders, sê die volgende projek met sy inname op 11 Februarie, sal oor 18 maande beslis word en twee wolskeersels insluit.

Byskrif: Mnr. Izak Pieterse (middel) van Jip-vervoer op Aliwal-Noord, wat R60 000 ryker is omdat hy met ’n ander man se hamels “geploeg” het. Van links is mnre. Francois Viljoen (CMW), Esley Lombard (tweede, Hanover), Pieterse, Jakobus Herbst (Victoria-Wes) en Johan Bezuidenhout (Petagon-Merino’s). Foto: JOHAN NORVAL

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.73
-0.6%
Rand - Pond
20.26
-0.2%
Rand - Euro
17.63
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.49
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,714.33
-0.7%
Silwer
20.70
-1.7%
Palladium
2,304.50
-0.8%
Platinum
926.50
-0.8%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,535
-0.5%
Alle aandele
65,961
-0.5%
Hulpbronne 10
63,710
-1.3%
Industriële 25
79,806
-0.3%
Finansiële 15
14,094
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opskrif
Ek is fun Om mee SAAM te wees. Hou van lag en Om te bederf. Hou van Kos maak, movie, shopping, uit eet, rond te loop in malls love Dans rugby braai . Om te hug hande vas the Hou...
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot