Die landbou bly ’n bedryf wat welvaart skep en lok groot belangstelling by die sakesektor.
Mnr. Jan de Jong van Eerste Nasionale Bank se landbou-afdeling sê die landbou se welvaartskepping moet gesien word teenoor die ekonomiese bedrywighede van welvaartskeppers, soos die aandelebedryf ,wat ’n beperkte groep mense tot voordeel strek.
De Jong het op Voermol se boeredag in Bloemfontein gesê boere moet kennis neem dat die donker wolke van die wêreldwye ekonomiese insinking begin wyk, maar dat ’n oplewing nog nie in die vooruitsig gestel word nie.
Die landbou word ook aan bande gelê deur sy afhanklikheid van die brandstof- en energiebedryf.
Hy sê benewens die natuurlike risiko’s is landbouproduksie onder druk vanweë verstedeliking, onteiening, toenemende mynbedrywighede, misdaad en besoedeling.
16 April 2012